Weg!

WAT BEDREIG VIRUNGA SE VOORTBESTA­AN?

-

Die Virunga- nasionale park is in een van Afrika se mees onstabiele lande. Rebellemag­te – die nadraai van die Kongo se burgeroorl­oë, en ook Rwanda se onrus in die 1990’s – gebruik die park as basis vir terreuraan­valle. In 2007 het ’n “houtskoolm­afia” ’n berggorill­afamilie uitgewis. Hulle idee was bloot: Sonder berggorill­as sal die park minder buitelands­e ondersteun­ing ontvang; dus sou hulle makliker bome kon plunder. Die park word ook bedreig deur moontlike olieontgin­ning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa