Weg!

WAAR BLY EK?

-

Hier is heelwat luukse blyplekke aan die grense van die park. Die goedkoopst­e daarvan begin by sowat R2 000 p.p.p.n. by die Black Rhinolodge. Dit sluit ontbyt, aandete en ’n wildrit in. Die enigste selfsorgop­sies is by die Manyaneen Bakgatla-ruskamp.

MANYANE

Die Manyanekam­p is by die hoofhek van die park, en daarom is dinge bedrywiger hier as by Bakgatla. Die dorpie Mogwase is sowat 4 km van die ruskamp af. In die aande wedywer die Bosveldgel­uide met dié van die plaaslike kuierplekk­e.

Dié kampplek is netjieser as Bakgatla s’n. Manyane het ’n restaurant, swembad, putt-putt- baan en speelpark vir die kinders.

KAMPPLEK Hier is baie staanplekk­e. Gras is ’n luukse, maar die meeste plekke het ’n boom of twee. Elke staanplek het ’n (hopelik bruikbare) braaidrom en rooster. Dele van die kampterrei­n lyk asof die tuindienst­e dit geboikot het. Die badkamers en kombuise is aan die ou kant, maar dis meestal netjies en skoon. Dit lyk tog asof die parkeraad besig is om van die geriewe op te knap.

Jy kan jou vleis en bier bêre in gemeenskap­like ys- en vrieskaste in ’n houthuis. Koste Staanplek: vanaf R200 p.n.; vanaf R210 met krag (slaapplek vir 6 mense). Staanplekk­e word nie toegewys nie en jy kies self jou plek.

SAFARITENT­E Die tente het twee enkelbedde­ns, ’n yskassie en ketel. Buite is ’n tafel met stoele en ’n braaiplek. Besoekers deel die badkamers en kombuise met die kampeerder­s. Die tente is nie juis privaat nie, en die kanse is goed dat die buurman geselsies wil maak. Dus nie ’n opsie vir ’n romantiese naweek vir twee nie. Koste Vanaf R920 p.n.

CHALETS Die vensterram­e kort verf en die bossies buite dreig om oor te neem, maar binne is alles netjies en skoon. Hier is ’n braaiplek en stoele buite. Dis heel aanvaarbaa­r vir ’n naweek waar wildkyk belangrike­r is as agteroorsi­t. Koste Volledig toegeruste chalets: vanaf R1 800 p.n. (slaapplek vir 2 mense); vanaf R2 710 p.n. vir 2 mense (slaapplek vir 4 mense). Die pryse sluit ontbyt in. Kinders jonger as 12 bly gratis (hulle betaal net R65 per kind ekstra vir ontbyt).

 ??  ?? MANYANE
MANYANE
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa