Weg!

WAT SÊ DIE LESERS?

Hier is wat ons Facebookvr­iende oor Pilanesber­g sê:

-

Esmé Tenner Die geriewe en die paaie is effe sleg. Maar die diere is volop en maklik om te kry. Dis heel lekker as ’n mens net ’n kort rukkie kuier.

Fires van Vuuren Daar is ’n lawaaierig­e sjebien net buite die Manyane-ruskamp. Jy hoor glad nie meer die natuur nie. Die diere is wel volop. Besoek eerder die park as ’n dagbesoeke­r.

Marjo Rooseboom Die hoofpad tussen die Bakubungen Bakgatlahe­k is baie sleg, maar die park bly een van my gunsteling-wegbreke. Ons het onlangs in die safaritent­e by Manyane gebly en die diens was puik.

Manie Prinsloo Ek bly in Rustenburg en gaan so gereeld as moontlik. Die wildlewe is ongeloofli­k. Sommige paaie is sleg, maar die diere vergoed dubbel en dwars daarvoor.

Francois Lubbe Die geriewe het die laaste jare baie agteruitge­gaan. Die Mankwe Gametracke­r-gidse ( mankwe gametracke­rs.co.za) is wel tops. My gaste gaan dikwels saam hulle uit en die wildbesigt­iging is uit die boonste rakke.

Alida Viljoen Die hele park – selfs die wild – lyk moeg.

André van Wyk Dis ’n wonderlike plek, en ’n mens sien baie wild. Die Manyane-ruskamp is nie te sleg nie; net die sjebien pla ’n bietjie. Ek sal beslis weer gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa