Weg!

VERBLYF NABY DIE PARK

-

Soek jy blyplek met meer persoonlik­heid, maar jy wil nie ’n fortuin betaal nie? Mik vir die dorpie Boshoek, sowat 30 km suid van die Bakubunghe­k. Hier is drie opsies wat netjies lyk. Sun City is natuurlik net om die draai...

Amritz Private Lodge het twee huise met vier kamers elk; op ’n plaas 12 km wes van Boshoek. Dit kos vanaf R850 p.n. (ontbyt ingesluit) vir ’n dubbelkame­r. Kontak 083 272 8808;

amritz.co.za Black Swan-gastehuis is net buite Boshoek en reg langs die R565 na Sun City. Hier is netjiese kamers wat uitkyk oor ’n mooi tuin. Dit kos vanaf R880 p.n. vir ’n dubbelkame­r (selfsorg). Kontak 072 580 4614;

blackswang­uesthouse.co.za

Die Boskloof-gastehuis het netjiese selfsorgkl­iphuisies op ’n wildplaas sowat 4 km wes van Boshoek. Dit kos vanaf R450 p.p.p.n. Kontak 083 655 5002;

boskloofgu­esthouse.co.za

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa