Weg!

BAKGATLA

-

Die kamp is heelwat stiller met ’n winkeltjie, restaurant en swembad waarin jy kan oefen vir die Olimpiese Spele. Dit lyk onversorg en die blouape voer ’n skrikbewin­d.

KAMPPLEK Hier regeer die grasse en bossies. Daag vroeg op vir ’n staanplek met ’n boom – hier is net ’n paar. Elke staanplek het ’n braaidrom. Die badkamers en kombuise is oud maar skoon. Koste Staanplek: vanaf R200 p.n.; vanaf R210 met krag (slaapplek vir 6 mense). Staanplekk­e word nie toegewys nie en jy kies self jou plek.

CHALETS Die webblad waarsku vooraf: “Our accommodat­ion in Pilanesber­g does not crowd you with unnecessar­y frills...” Van buite af lyk dinge lank in die tand, maar binne is alles netjies. Die volledig toegeruste chalets het ’n dubbelkame­r en ’n dakkamer met drie enkelbedde­ns, en ’n braaiplek buite op die stoepie. Dis skakelhuis­e; hou dus duim vas jou bure is stil mense wat meer hou van blokkiesra­aisels as brandewyn. Koste Vanaf R2 400 p.n. vir 2 mense (slaapplek vir 5 mense). Die prys sluit ontbyt in. Kinders jonger as 12 bly gratis (hulle betaal net R65 per kind ekstra vir ontbyt).

Die safaritent­e by Bakgatla is gesluit tot verdere kennisgewi­ng. Golden Leopard Resorts het sekere tye van die jaar spesiale aanbieding­e – gaan na

goldenleop­ardresorts.co.za

 ??  ?? BAKGATLA
BAKGATLA
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa