Weg!

ANNEMARIE DU PLESSIS

-

@annemaried­upwildlife Canon 1DX Mk. II Canon 70-200 mm-lens

ANNEMARIE SKRYF: Ons was op ’n wildrit op ’n wildplaas in Limpopo, en het leeus dopgehou wat rustig sowat 30 m van die voertuig af gelê het. ’n Wyfie het nader aan ons in die koelte kom lê. Die volgende oomblik het hierdie jong mannetjie ook opgestaan en na die wyfie gehardloop, reguit in my lens in! Ek was gelukkig gereed vir die aksie!

Dis belangrik dat jy die regte toerusting het – én dit goed ken. Wanneer jy aksiefoto’s van wild neem, is daar nie tyd vir verstellin­gs nie.

Die kamera moet altyd in jou hande wees – nie in die kamerasak nie. Dit moet natuurlik ook reeds aangeskake­l wees en op die regte verstellin­gs. Soms duur aksie net een sekonde, byvoorbeel­d ’n luiperd wat van een tak na ’n ander spring.

Leer ken die gedrag van die diere, sodat jy kan voorspel uit watter situasies aksie kan voortsprui­t.

Goeie lig is belangrik vir ’n vinnige sluiterspo­ed – jy wil die aksie vries. Dit moet ten minste op 1/1 250 sek. of vinniger wees en die lensopenin­g so groot as moontlik (myne was hier f2.8), afhangende van die lig. Die ISO moet so laag as moontlik en die fokus gestel wees op aaneenlope­nd.

Probeer kalm bly wanneer dinge gebeur – dis net soos ’n jagter wat bokkoors kry in die hitte van die oomblik. Al klop jou hart en jou hele lyf bewe... hou die kamera stil en druk die knoppie!

TOAST SÊ: Volg gerus Annemarie se raad, hoewel makliker gesê as gedaan! Tog, hoe meer jy oefen (en hoe meer tyd jy in die veld deurbring), hoe beter gaan jou wildfoto’s word.

Hierdie pragfoto met sy verstommen­de detail en skerpheid is bewys dat jy eendag die vrugte kan pluk van jou geduld. Dit lyk wraggies asof hierdie leeu uit die tydskrif se blaaie gaan hol en hier reg verby jou oor gaan storm! >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa