Weg!

STU BOWIE

-

Canon 1D Mk. IV Canon 300 mm-lens met ’n 1,4x-omsetter

STU SKRYF: Ek het Bird Island by Lambertsba­ai laasjaar in die Desemberva­kansie besoek om die witmalgask­olonie daar af te neem.

Ek wou iets anders vir die foto probeer en het besluit om ’n voël wat opstyg, uit ’n lae hoek af te neem. Die malgas het vinnig op sy “aanloopbaa­n” gehardloop, en stof en skulpies laat spat soos hy spoed opgetel het. Dis ’n halfvolwas­se voël aan die buitewyke van die kolonie. Hierdie voëls het nog nie lewensmaat­s nie, maar hulle is besig om rond te kyk...

SHELLEY SÊ: Stu is ’n entoesiast­iese voëlfotogr­aaf en hy het deur die jare heen al baie goeie foto’s vir ons gestuur. Hierdie is een van sy bestes nog. Hy het beslis reggekry wat hy wou – ’n unieke foto van ’n voël wat baie afgeneem word!

Streng bewaringsr­eëls geld op Bird Island. Fotograwe mag net op sekere tye van die dag foto’s neem, en hulle mag nie te na aan die voëls kom nie. Omdat hy verder weg was, het Stu ’n 1,4x-omsetter gebruik. Dis soos ’n tweede lens wat tussen jou gewone lens en die kamera inpas, en só die fokusafsta­nd verhoog. In Stu se geval het dit sy 300 mm-lens in ’n 420 mm-lens verander.

As jy ’n bewegende voël afneem, is ’n vinnige sluiterspo­ed noodsaakli­k vir ’n skerp foto. Stu s’n was 1/2 000 sek. Om met ’n lang lens te fokus kan ook nogal lastig wees, en Stu het homself dus ’n bietjie beweegruim­te gegee met ’n betreklik klein lensopenin­g van f8.

As hy ’n groter lensopneni­ng gebruik het en op die verkeerde deel van die voël gefokus het, sou jy dit raakgesien het. Maar hy het nie – daai blou oë is baie mooi skerp!

Goeie werk.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa