Weg!

CHRISMARI BATT VAN DER WESTHUIZEN

-

@xmaryv Sony SLT-A77V Sony 50 mm-lens

CHRISMARI VERTEL: Ek het dié foto aan die Weskus in Lambertsba­ai se hawe geneem. Laatmiddag is dit veral mooi as die vissermann­e skarrel om die dag se vangs aan wal te kry. Die meeue agtervolg hulle om elke stukkie afvalvis te aas.

TOAST SÊ: Hierdie mooi foto het als waarvan ons hou hier by Mense se Lense. Die beligting en komposisie is goed, én dit het daai ietsie spesiaals...

Die skemerlig verleen ekstra karakter aan die toneel – in die middel van die dag sou die son te skel gewees het om die detail in elke kreukel van die visserman se jas uit te lig, en die wateropper­vlak sou minder pastelkleu­re weerkaats.

Die komposisie is ook puik, met die portretfor­maat wat die toneel goed pas. Die seemeeue is netjies versprei deur die lug, asof ’n hand vol growwe konfetti daar gestrooi is. Die bootjie se neus is effens te na aan die kant van die raam – ’n bietjie meer spasie sou goed wees.

Chrismari se sluiterspo­ed (1/100 sek.) is effens stadig, maar dit het tot haar voordeel gewerk. Van die meeue is effens ge- blur, maar op ’n goeie manier. Dit gee ’n gevoel van beweging aan die foto.

Maar wat laat die foto werklik uitstaan? Die Sony-lens se f-stop kan tot op f2 gestel word, en dit kan dus ’n baie vlak velddiepte bewerkstel­lig. Kyk fyn: Net die visserman en die boot is in fokus. Als anders is uit fokus. Dit laat ons hoofvoorwe­rp – die visserman en sy boot – dramaties uitstaan.

Knap gedaan!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa