Weg!

Sampioen-enpestopas­ta

-

Vir 4 Voorbereit­yd 5 minute Gaarmaakty­d 15 minute As ek die aand min lus is vir kosmaak, maak ek dié pastagereg. Dit is een van ons fotograaf Myburgh du Plessis se gunsteling­e.

Jy benodig

• 250 g sampioene, gekap • 3 eetlepels botter • gemaalde swartpeper na smaak • sout na smaak • 3 knoffelhui­sies, fyngekap • 1 flessie (125 g) pesto van

jou keuse • 4 eetlepels roomkaas • 250 g pennepasta • 1 wiel feta

Só maak jy

1 Braai die sampioene oor ’n redelik hoё hitte in die gesmelte botter tot sappig en goudbruin. Geur dit met swartpeper en sout en roer die knoffel daarby.

2 Kook intussen die pasta volgens die instruksie­s op die pakkie in soutwater tot al dente.

3 Dreineer die water, maar hou 2 eetlepels wat jy saam met die roomkaas en pesto deur die pasta meng. Roer dan ook die sampioene daarby in. Breek die feta in groot brokke bo-oor. Laat staan vir 2 minute met die deksel op, en skep dan dadelik op.

 ??  ?? Sampioen-en-pestopasta
Sampioen-en-pestopasta

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa