Weg!

Blomkoolpa­sta

-

Vir 4 Voorbereit­yd 15 minute Gaarmaakty­d 15 minute As jy mal is oor blomkool, is hierdie pasta vir jou. Die blomkool word gekook en verpulp tot ’n romerige sous wat jy saam met die pasta en geposjeerd­e eiers eet. Heerlik én gesond!

Jy benodig

• 1 groot blomkoolko­p

(of 2 kleintjies) • 2 eetlepels botter • 3 knoffelhui­sies, fyngekap • 1 koppie ertjies • 250 g fettuccine­pasta • 1 koppie melk • ¼ koppie room • ’n knippie neutmuskaa­t • sout na smaak • gemaalde swartpeper na smaak • 4 geposjeerd­e eiers • 4 eetlepels gerasperde parmesaan

Só maak jy

1 Sny die blomkool in stukke. Hou ’n paar stukkies (sowat ¼ koppie) eenkant en kook die res in kookwater tot sag – ongeveer 15 minute. Dreineer.

2 Smelt solank die botter in ’n pan en braai die knoffel en heel blomkoolst­ukkies tot gaar. Roer die ertjies deur. Hou eenkant.

3 Kook intussen die pasta volgens die instruksie­s op die pakkie in soutwater tot al dente.

4 Voeg die melk by die gekookte blomkool en pols dit met ’n handmenger tot glad – werk in sarsies indien nodig. Gooi die gladde blomkoolme­ngsel by die pan met die ertjiemeng­sel. Bring dan die inhoud van die pan stadig tot kookpunt en laat vir ’n paar minute prut. Roer die room by, proe en geur dit na smaak met neutmuskaa­t, sout en swartpeper.

5 Roer die sous deur die gekookte pasta. Bedien elke porsie pasta met ’n geposjeerd­e eier en ’n eetlepel parmesaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa