Weg!

Tamatie-en-hoenderpas­tapot

-

Vir 4 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 1 uur Dié hoenderstu­kke en tamatiesou­s prut stadig in ’n potjie en dan kook jy die pasta sommer in dieselfde pot – perfek vir die kampvuur! Onthou: Ontbeende hoenderbor­sies en dye word vinniger gaar as groter snitte; pas dus die gaarmaakty­d aan. As jy lus is vir iets groens, roer aan die einde

van die gaarmaakty­d ’n hand vol (of twee) spinasie deur.

Jy benodig

• 2 eetlepels olyfolie of botter • 4-6 hoenderstu­kke • 1 eetlepel meel • ½ koppie sampioene, gesny • 4 knoffelhui­sies, fyngekap • gemaalde swartpeper na smaak • ½ glas rooiwyn • 1 blikkie (410 g) gekapte

tamaties • 2-4 eetlepels tamatiepas­ta • 20 olywe • 2 eetlepels kappertjie­saad (opsioneel) • 2 ansjovisfi­lette, gekap (opsioneel) • 1 blokkie hoenderaft­reksel • 1 eetlepel droë Italiaanse kruie • 4 vars tiemietakk­ies • ½ koppie water • 230 g spaghetti • sout na smaak

Só maak jy

1 Verhit die helfte van die olyfolie in ’n swartpot. Sprinkel die hoenderstu­kke met meel en braai dit vinnig tot goudbruin. Verwyder die hoender.

2 Gooi die res van die olie in die pot en braai die sampioene, knoffel en swartpeper tot geurig. Gooi die wyn by en kook die mengsel vinnig tot die wyn amper verdamp het.

3 Voeg dan die tamaties, tamatiepas­ta, olywe, kappertjie­saad, ansjovis, hoenderaft­rekselblok­kie, Italiaanse kruie en tiemie by die pot. Sit die deksel op en bring die pot tot by ’n hitte waar dit stadig prut. Pak die hoender terug in die pot, sit die deksel op en laat dit vir 20 minute oor matige kole prut.

4 Maak die pot oop en toets die hoender – dit moet amper gaar wees. Voeg dan water by sodat daar genoeg vloeistof kan wees om die spaghetti in te kook – begin met ½ koppie, maar voeg meer by indien nodig. Bring dit weer tot by kookpunt. Voeg nou die spaghetti in die pot, gee dit ’n goeie roer sodat dit nie aan mekaar vasklou nie. Laat dit vir 10 minute vinnig prut – die spaghetti en hoender behoort nou albei gaar te wees. Geur na smaak met sout en nog peper. >

 ??  ?? Tamatie-enhoenderp­astapot
Tamatie-enhoenderp­astapot

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa