Weg!

WINTERTOER­USTING

Goed, jy’s gestewel en gespoor teen die koue. Kry ook dié goeters om ’n buitevakan­sie in die winter makliker te maak.

-

LITTLE HOTTIESVOE­TVERWARMER­S

Sodra jy die plastiekla­ag aftrek, ontstaan ’n chemiese reaksie wat hierdie kussinkies heerlik warm maak. Trek jou sokkies aan en plak die plakkers op die sole – jou tone sal vir vyf uur dankbaar wees. R40 by Outdoor Warehouse (ook beskikbaar vir hande)

YETI-SKAAPWOLPA­NTOFFELS

Stel jou voor: Dis yskoud buite jou slaapsak, maar jy móét ’n draai loop. Hierdie pantoffels is makliker om aan jou voete te trek as koue stapstewel­s en die rubbersool keer dat jy die op die witgerypte grasperk gly. R900 by Cape Union Mart

NOODKOMBER­S

’n Noodkomber­s is in waarskynli­k elke ultramarat­honatleet se rugsak te vind, want hy weeg feitlik niks nie. Hy neem minder plek as ’n sakdoek in beslag, maar tog kan dit keer dat jy in ysige weer verkluim. R18 by Clicks

CADAC SAFIREVERW­ARMER

Span jou kampgasbot­tel in om jou tent warm te maak. Dié verwarmer het drie lae mantelgaas om te keer dat ’n verdwaalde vlam uitlek en jou tent aan die brand steek. Dit het ook ’n vonkaanste­ker aan die agterkant – weg van die vlam – vuurhoutji­es is dus nie nodig nie.. R695 by Outdoor Warehouse

FIRST ASCENT ICE BREAKER-SLAAPSAK

Hierdie slaapsak sal jou lewend hou in -18 °C (en gemaklik in -3 °C). Die kappie het ’n koord sodat jy dit styf om jou kop kan trek. Daar is ook ’n sakkie aan die binnekant vir ’n selfoon en jou kamera se batterye. R3 900 by Trappers en Sportsman’s Warehouse

WOLVERINE HAWTHORNE 8”JAGSTEWELS

Tawwe tienies gaan van hierdie stewels hou. Dit bied nie dieselfde isolasie as sneeustewe­ls nie, maar jy kan dit elke dag dra.

Die 400 g- Thinsulate Ultraisola­sie behoort jou voete warm te hou in matige sneeu, en die staalstaaf binne die sool en die bonkige knoppe daaronder laat jou op enige terrein toe. R2 000 by Sportsman’s Warehouse

LK’SVUURAANST­EKERS

Met dik handskoene is dit moeilik om ’n vuurhoutji­e te trek of ’n Bic-sigaretaan­steker te gebruik. Met hierdie langloop-aanstekers met snellerska­kelaars is dit verspotmak­lik. R40 by Spar

ZIPPO-HANDVERWAR­MER

Hierdie werk amper soos die gelyknamig­e sigaretaan­steker, maar daar is nie ’n oop vlam wat jou klere aan die brand sal steek nie. Dis warm genoeg om deur handskoene te voel, maar nie só warm dat dit kaal vel sal skroei nie. R565 by mentality.co.za

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa