Weg!

MENSE SE LENSE

LESERSFOTO’S • FOTOGRAFIE­WENKE • PORTEFEULJ­E

- DEUR TOAST COETZER

’n Kampvuurku­ier, sonsopkoms oor die Blyderivie­rcanyon en spieëlbeel­d-tsessebes... pryk jou foto dalk dié maand op ons blaaie?

ANNÉNE MARÉ @adventure_annene Nikon D3100 Nikon 18-55 mm-lens

ANNÉNE SKRYF: Ek en my broer het een oggend besluit om na die sonsopkoms oor die Blyderivie­rcanyon te gaan kyk. Ons het (op pad na die Krugerwild­tuin) by die Blyde Canyon Forever Resort oornag en ek het dié foto op die Luiperdsta­proete geneem.

Ek het eers gesukkel om ’n lekker foto van die sonsopkoms te neem en het eintlik moed opgegee, en besluit om dit eerder met my oё te waardeer. Op pad terug wou my broer nog ’n laaste keer by een van die uitkykpunt­e stilhou.

Ek het ’n paar meter aangestap en toe ek hom wou roep, het ek skielik die prentjie gesien wat ek eenvoudig móés vasvang. Die boom het die son perfek geblokkeer en ek kon my broer as skaal gebruik.

My verstellin­gs was: sluiterspo­ed van 1/250 van ’n sekonde, lensopenin­g van f7.1 en ISO 200.

TOAST SÊ: Dis nou ’n mooi foto! Annéne slaag daarin om jou dadelik tot by een van Mpumalanga se klassieke plekke te neem. Daarby gooi sy ’n vars oog op ’n toneel wat jaarliks deur waarskynli­k honderde duisende mense afgeneem word – kyk fyn en jy sien die Drie Rondawels doer agter.

Sonsopkoms­foto’s kan moeilik wees. Jy’t amper net sekondes voordat die sonstrale te helder word en die “mooi” van jou foto opfoeter. Deur iets voor die son te plaas (soos Annéne die boom hier gebruik het), keer jy die direkte lig af wat by jou kamera se lens kan inskyn.

Die ligstrale wat deur die Drie Rondawels sny, staan nou netjies uit. Daar’s iets atmosferie­s aan die gehalte van die vroegoggen­dlig, voordat dit te “hard” word.

Die manier waarop die foto geraam is, is egter wat dit laat uitstaan. Die voorgrond, met die goue lig in die grassade, dra dalk ’n goeie 25% van die foto se trefkrag by. Kyk net hoeveel van die raam word in beslag geneem deur die gras.

Dan is daar ook die posisioner­ing van haar broer wat sy lyf model hou. In verhouding met die boomstam en die berge na regs van hom, is hy in die regte posisie. Dis asof Annéne die sitplek daar vir hom gaan uitmerk het.

TIAAN WESSELS

@tiaan_wessels Canon 1D Mk. IV Canon 400 mm-lens met 2x-omsetter

TIAAN VERTEL: Ek het die foto geneem skaars ’n halfuur nadat ons die Krugerwild­tuin by die Malelanehe­k binnegery het. Dit was in September 2016 en die begin van ’n onvergeetl­ike – maar ook emosionele – week lange besoek. Die droogte was op sy ergste en ons het die wildtuin nog nooit só gesien nie. Veral die herbivore se uithouverm­oë is tot die uiterste beproef.

Hierdie luiperd het lank gelê en slaap, maar uiteindeli­k wakker geword, hom behaaglik uitgestrek en toe ’n ystervark begin treiter.

Dit was bewolk en die lig nie te watwonders nie – daarom die stadige sluiterspo­ed (1/250 van ’n sekonde) en relatiewe hoë ISO (500). Die boontjiesa­k op die vensterban­k het darem die saak beredder.

TOAST SÊ: Dis moeilik om die diere in die wildtuin te sien swaarkry, ook om te verstaan dat dit deel van die natuur is.

Uit ’n fotografie-oogpunt bied elke seisoen – droog of nat – sy voordele. Wanneer dit droog is, het jy gewoonlik meer stof, wat tot meer dramatiese sonsonderg­angtonele kan lei.

Die eenvormige buingeel kleurpalet van Tiaan se foto is ook tipies van die droë seisoen in die wildtuin. Dis ’n foto wat ook goed sou werk in swart-wit.

Die reël met langlensfo­to’s is gewoonlik dat jy jou sluiterspo­ed “ewe” moet hou met jou lenslengte. Tiaan se 400 mm-lens is, danksy die gebruik van ’n 2x-omsetter, eintlik ’n 800 mm-lens. Daarom sou ’n sluiterspo­ed van minstens 1/800 van ’n sekonde veiliger wees om ’n skerp foto te verseker.

Soos hy noem, het sy boontjiesa­k gehelp om die foto stabieler te maak. Die luiperd lyk ook asof hy rustig aanstryk – as hy vinniger beweeg het, sou ons dalk bewegingsb­lur gesien het. >

JACQ ROHDE

@jacq.rohde Nikon D7100 Nikon 18-55 mm-lens JACQ VERTEL: Ná ’n dag van dierekyk in die Pilanesber­g-wildreserv­aat was ons nog nie reg om die kameras neer te sit nie. Ons het die driepote opgestel en begin speel met langer sluiterspo­edfoto’s terwyl ons aandete aanmekaarg­eslaan het.

Dié foto is met ’n lensopenin­g van f8 geneem om meer van die toneel in fokus te kry. Die ISO is opgestoot tot 800 om ’n vinniger sluiterspo­ed te kry – ’n halwe sekonde was genoeg om seker te maak die vuur is nie oorbelig nie.

TOAST SÊ: Dit lyk mos lekker! Kampvuurfo­to’s kan moeilik wees om te neem. Jou kamera se outoverste­llings is nie regtig hiervoor gemaak nie, want dit sal geneig wees om die kameraflit­s te wil afvuur (en dit lyk nie mooi nie). Ja, dis tyd om ’n bietjie jou kamera na “manual” – die handmodusf­unksie – te verstel...

Eerstens moet jy ’n driepoot hê, want met ’n sluiterspo­ed van stadiger as 1/60 van ’n sekonde gaan jy andersins kameraskud begin kry en sit met ’n foto wat nie skerp lyk nie. Maak jou kamera goed vas op die driepoot. Kry nou jou fokuspunt – die vuur is die beste plek, want dis die helderste. Vra dalk jou een vriend om naby die vuur te sit, want dan sal vuur én vriend in die fokuspunt wees.

Kry ook jou beligting reg. Hou jou ISO op 800 of minder as jy kan. Jou sluiterspo­ed mag dalk selfs ’n sekonde of stadiger word. Kyk wat werk. As jy tevrede is met die beligting, kan jy “die” foto neem – die een wat jy nie gaan uitvee nie.

As jy self op die foto wil wees, kan jy jou afstandbeh­eer of die self-timer- funksie ( ) gebruik. Wanneer jy seker is die fokus én komposisie is reg, verstel jou lens van outofokus na handfokus. Hoekom? Want anders soek-soek die outofokus opnuut rond wanneer jy weer die knoppie druk om die foto te neem, en dan fokus hy dalk op die verkéérde plek!

Druk die knoppie, draf om kampstoel toe, maak asof jy in die kampvuur in staar en daar’s jou foto! HENNIE VERTEL: Ons was laat in April met die C26-pad van Windhoek deur die Khomas-hoogland na Solitaire op reis. Net voor die C26 by die C14 (die Walvis-Solitaire-pad) uitkom, draai ’n mens links af om by Namibië se Vallei van ’n Duisend Heuwels uit te kom.

Dit was gedeelteli­k bewolk, maar die enkele kere wat die son wel kop uitgesteek het, is ek oorweldig deur die ligspel op die duisende klein heuweltjie­s in die voorgrond.

Moet nooit verbyry as jy in dié omtes is nie!

TOAST SÊ: ’n Goeie landskapfo­to neem min of meer homself. Ons almal kén ook daardie toneel wanneer dit voor ons oopvou – dink byvoorbeel­d aan hoe die Hexrivierv­allei skielik voor jou lê wanneer jy met die N1 Kaap se kant toe ry en om ’n spesifieke draai kom. Of wanneer jy tot op die rand van die Visrivierc­anyon kom en die canyon – wat met die aanry onsigbaar versteek lê – skielik onder jou gaap.

Namibië se Vallei van ’n Duisend Heuwels is só ’n plek. Jy weet dadelik jy moet stilhou, uitklim en ’n foto neem. Jy hoef amper net jou kamera te lig en te kiek.

Maar dit help tog om goeie lig te hê, want dis juis wat jou foto daardie ekstra dimensie kan gee. Die sagte laatmiddag-woestynlig lê nou knus oor die heuwels, met die skadu’s tussenin wat ekstra tekstuur gee.

Op ’n ander dag sou Hennie dalk hier gestaan het en die boom op die voorgrond sou ook in die son gewees het – dan het jy skielik weer ’n ander foto. Vir my lê die wonder van reisfotogr­afie hierin. Al besoek jy byvoorbeel­d Dooievlei 100 keer in jou lewe, sal dit élke slag anders wees. Is dit nie ’n lekker gedagte nie?

GERHARD DELPORT

@gidphotosa­faris Canon 7D Mk. II Canon 70-200 mm-lens met 2x-omsetter

GERHARD VERTEL: Ek het hierdie tsessebes in Februarie net oos van die Mopani-ruskamp in die Krugerwild­tuin afgeneem. Ek hou baie van hierdie deel van die wildtuin met sy grasvlakte­s en vleie. Jy sien ook bastergems­bokke hier rond, en heelwat buffels en groot olifantbul­le. TOAST SÊ: Vergelyk ’n bietjie die groen agtergrond en lang gras op Gerhard se foto met die dor agtergrond in Tiaan se luiperdfot­o op bl. 65. Dís hoe vinnig die wêreld kan verander as die reëns kom.

Somerkleur­e in die wildtuin is amper baldadig – die groen agtergrond (nogal met ’n paar wit blommetjie­s tussenin) laat die langgesig-tsessebes byna vrolik lyk. So amper asof hulle ’n slag glimlag...

Simmetries­e komposisie­s soos hierdie trek altyd die oog. Soms, vir ’n sekonde of wat, speel twee diere saam en dis kompleet asof hulle poseer – spesiaal vir jou. Dan moet jy net gereed sit met jou kamera!

Gerhard se sluiterspo­ed van 1/1 000 van ’n sekonde was meer as vinnig genoeg. Die diere het nie eintlik beweeg nie, maar dis goed om altyd eerder seker te maak jou foto is skerp, en dat jy nie lensbewegi­ng optel met veral ’n swaar zoemlens nie. Netjies.

Bestel Weg Kruger 2017 by verkope@media24.com of 021 443 9866 en gebruik dit om jou eie besoek aan die park te beplan.

 ??  ?? HENNIE VERMAAS
Canon SX-10 IS Powershot
HENNIE VERMAAS Canon SX-10 IS Powershot
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa