Weg!

Kom leer beter foto’s neem saam met Weg en Mpafa op een van vier 2018-fototoere.

-

In 2018 neem Weg en Mpafa Travel se fototoere jou na die kanale van die Okavango, die duine van die Namib, die blomme van die Weskus en die bergspitse

van Lesotho. Die toerleier is ’ n ervare avontuurgi­ds en natuurbewa­arder en ’n profession­ele fotograaf toer saam. Kom beleef die heel beste wat

Afrika bied én verbeter jou fotoneemva­ardighede en -selfvertro­ue.

LESOTHO

Die toer begin in die Oos-Kaap – ons ry deur die Maluti’s op tot in Lesotho – en eindig as ons met die Sani-pas terugry tot in Suid-Afrika. In die laatsomer is Lesotho vol mooi groen kosmos, waterstrom­e en watervalle. ’n 4x2-voertuig met goeie grondvryho­ogte is goed genoeg.

WANNEER?

HOE LANK IS DIE TOER?

7 dae, 6 nagte

HOEVEEL KOS DIT?

R11 650 p.p. (Formele verblyf; en suite- of private badkamers)

NAMIB/SOSSUSVLEI/ ETOSHA

Van Lüderitz na Kolmanskop, Sossusvlei, Swakopmund, die Spitzkoppe, Damaraland... en al die pad tot in Etosha: Dié 14 dae lange toer neem jou na van Namibië se onvergeetl­ikste bestemming­s – almal ideale plekke vir klassieke foto’s!

WANNEER?

HOE LANK IS DIE TOER?

14 dae, 13 nagte

HOEVEEL KOS DIT?

R19 650 p.p. (Formele en tenteverbl­yf)

TRANS-BOTSWANA

Hierdie fotosafari begin in sentraal-Botswana by Kubu-eiland op die Makgadikga­dipanne en eindig by Kasane/Chobe in die noorde ná ons tot in Namibië se Caprivistr­ook gereis het en by die Zambesiriv­ier en die Victoriawa­terval gaan draai het.

WANNEER?

HOE LANK IS DIE TOER?

11 dae, 10 nagte

HOEVEEL KOS DIT?

R14 950 p.p. ( Verblyf in tente)

RICHTERSVE­LD/WESKUS

Ons begin by Vioolsdrif­t langs die Oranjerivi­er. Vroeg in September is ons dalk nog gelukkig om die Namakwalan­d se blomme te sien. Nadat ons die Richtersve­ld se oeroue berge ook beleef het, reis ons weswaarts tot by die Weskus en dan suid tot by Doringbaai.

WANNEER?

HOE LANK IS DIE TOER?

12 dae, 11 nagte

HOEVEEL KOS DIT?

R15 950 p.p. ( Verblyf in tente)

 ??  ??
 ??  ?? 2018 MAAK ’NJAARNUWE VAN EPLEKK
2018 MAAK ’NJAARNUWE VAN EPLEKK
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa