Weg!

Speel jouself slimmer

- REDAKTEUR PSteyn@media24.com

Verbeel jou jy is weer ’n laerskoolk­ind, maar dié keer kry jy nooit, ooit huiswerk nie. Jou skooldag is net drie of vier uur lank (pouse ingesluit) en jou hele skoolweek mag nie langer as 20 uur wees nie, want jou onderwyser­s wil hê jy moet eerder buite speel en in die natuur gaan stap. En pleks daarvan dat jou punte in die hek duik, is jy en jou skoolmaats van die beste presteerde­rs ter wêreld in wiskunde, wetenskap en geletterdh­eid!

Dit klink soos Utopia, maar dis eintlik hoe dinge in Finland werk. Dié Skandinawi­ese land se onderwysst­elsel is 40 jaar gelede as een van die vrotste onderwysst­elsels in die Westerse wêreld gereken, maar word nou een van die bestes genoem. Ek kyk die anderdag ’n dokumentêr­e rolprent van die Amerikaans­e filmregiss­eur Michael Moore, Where to Invade Next. Hy probeer onder meer vasstel hoekom die Finse skoolstels­el so goed werk.

Finland doen byvoorbeel­d goed soos om die top 10% van die land se gegradueer­des as onderwyser­s te werf. Daar is ook nie iets soos “goeie” of “slegte” of selfs private skole nie – alle skole is ewe goed. Omdat onderwys gratis is, wys die staat dieselfde hulpbronne aan elke skool toe.

Maar die een ding wat my veral opgeval het, is toe Moore ’n onderwyser uitvra oor die kort skoolure en geenhuiswe­rkbeleid. “As jy heeltyd net werk, werk, werk, hou jy op met leer. Jou brein moet kan ontspan. Die doelwit is om ons kinders te leer om gelukkig te wees,” sê sy.

Dit het my aan hierdie uitgawe van Weg laat dink. ’n Mens kan maklik verstrenge­l raak in werk, werk, werk, en dan dink jy moet ver weg gaan en baie geld bestee om te ontspan. Maar dis nie waar nie. Regoor ons land is die wonderliks­te nasionale parke, baie van hulle net ’n hanetree van ons huis af, waar ons binne ’n dag weer ons koppe kan oopspoel.

Nes die Finse skole, is toegang tot van ons gunsteling- nasionale parke (bl. 32) gratis vir ’n week in Erfenismaa­nd. Gebruik die kans en gaan speel buite in die natuur. En kom ons glo die Finne... dit gaan jou nie net gelukkiger maak nie, maar slimmer ook!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa