Weg!

Ekspedisie Wortelkoek ’n sukses!

-

Die TV-reeks Weg Agterpaaie Karoo het ons oortuig om in April in die Karoo te gaan vakansie hou. Ons het ook op die program gehoor van Fox Ledeboer, die bestuurder van die Gamkapoort­dam Cottages naby Calitzdorp, wat smag na ’n wortelkoek.

Ek moes wortelkoek­e saamneem vir vriende in George en dink toe ons kan net sowel l vir Fox ook k een vat.

Met die wortelkoek­e veilig verpak in yshouers in die koelboks, vertrek ons na Prins Albert. Drie dae later takel ons die roete na die Gamkaskloo­fdam deur Meiringspo­ort en Seweweeksp­oort.

Aan die ander kant van Seweweeksp­oort raak die pad ál nouer sodat net een voertuig teen die rand van die berg kan ry. Aan die bestuurder­skant het die afgrond al hoe hoër geword – en ek en my skoonma, Joekie (86), ál banger. Plek-plek moes ons byna op die rotswand ry, want die pad het óf verspoel óf was uitgetrap. Behalwe vir die hoogtes het dit gevoel asof ons by die verlatenhe­id inry. Hoë berge het rondom ons uitgetroon en ek het gewonder wat sal gebeur as ’n mens hier teëspoed kry...

Groot was ons verbasing om te sien dat daar nog lewe op dié verlate stuk aarde is. Ons het verby die Bosluysklo­of Lodge en nog ’n klompie huisies gery. Later by die dam het alles verlate en stil gelyk. Daar was ’n paar huisies waar Waterwese se personeel seker lank gelede gebly het.

Terwyl ons staan en rondkyk, kom Fox aangestap met ‘n oogklap aan. Hy was vreeslik beïndruk met sy wortelkoek. “Don’t drop my cake,” het hy herhaaldel­ik gesê. Hy het vertel dat mense steeds vir hom ’n Engelse koerant, vars brood en melk bring na aanleiding van ’n vorige artikel. Tot ons verbasing durf hy die pad aan in ’n 1400 Nissan-bakkie! Die wortelkoek-ekspedisie was senutergen­d. Ons sal nie weer so iets aanpak sonder om die roete deeglik te bestudeer nie. Maar ondanks die hoogtes en ongelyke pad was dit die moeite werd!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa