Weg!

Caledon se geveerde Kardashian­s

-

Twee sekretaris­voëls hou aljare lank in’ n spinnekop bloekomboo­m sowat 2 km van ons plaashuis af. In die verlede was dit moeilik om foto’s binne-in die nes te neem, want dit is byna 4 m hoog. Nuwe tegnologie maak dit deesdae moontlik.

Ons was bevoorreg om die kuikens in Desember verlede jaar af te neem. Toe ons in Februarie gaan kyk of die kuikens al uit die nes is, kry ons dié verrassing, kompleet met sy swart broekie aan.

Albei ouers broei die kuikens uit en sorg ’n maand lank vir hulle. Daarna kom die ouers net nes toe om die kuikens te voer. Sodra die kuikens die nes verlaat, leer die ouers hulle jag. Die kuikens moet hulle eie jaggebied soek. Soms laat die ouers die jong voëls toe om die nes met hulle te deel as ’n afsetpunt vir jag, wat in dié geval gebeur het.

Ons hou die nes van ons huis af dop met ’n Nikon 1 V1-kamera gekoppel aan ’n Sigma 150-600 S-lens en ’n Sigma 1.4-lensverlen­gstuk. Dit verander basies die lens in teleskoop! Só kan ek sien as die ouers die nes verlaat; daarna het jy sowat ’ n uur waarin jy die voëls kan afneem (inlas).

Hiervoor gebruik ek ’n Nikon D500 wat op ’n paal gemonteer is (ek het ’n painter’s pole by ’n ysterwarew­inkel gekoop). Dié kamera is gekoppel aan ’n TP-Link MR 3040, ’n Wi-Fi-sender wat met enige slimfoon, tablet of skootreken­aar kan praat. Ek hanteer die paal en my vrou, Marelize, neem die foto’s met die qDslr-dashboard-app op ’n tablet.

WESSEL EN MARELIZE WESSELS, Caledon

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa