Weg!

Volg in Halley se voetspore

-

Met die Suiderkrui­s wat tans op sy sy lê, en die kenmerkend­e “wysersterr­e” reg daarbo, is dit ’n goeie tyd om ’n baie besonderse sterrebond­el met jou verkyker te soek. Dié sterrebond­el, bekend as Omega Centauri, is die grootste en helderste bolvormige sterrebond­el in die naghemel. Ons is baie bevoorreg, want dit is slegs van die Suidelike Halfrond af sigbaar.

As jy op ’n redelike donker plek is, behoort jy dit selfs met die blote oog te kan sien: Dit sal lyk soos ’n sterretjie wat uit fokus is. Maar trek ’n verkyker of teleskopie nader en jy kan dit baie mooi sien. Met ’n groter teleskoop sal jy individuel­e sterre ook kan uitmaak. Gebruik die skets om dit te kry: Omega Centauri vorm ’n driehoek met die Suiderkrui­s en sy wysersterr­e – daar waar die stippellyn­e op die skets bymekaarko­m. Het jy dit? Mooi so, jy’s in uitgelese geselskap: Edmond Halley (ja, van komeet-faam) was in 1677 die eerste om te besef dit is nie ’n ster nie.

Sedertdien het sterrekund­iges uitgewerk dit bestaan uit ’n geskatte tien miljoen sterre en sit amper 16 000 ligjare van ons af. (Gee jou verkyker ’n klop op die skouer dat hy so ver kan kyk!) Omega Centauri het ’n deursnee van 150 ligjare wat beteken dit is só groot dat dit lig 150 jaar neem om van sy een kant tot die ander te trek!

Die sterre in ’n sterrebond­el lê almal só na aan mekaar dat ’n planeet in so ’n stelsel nooit nag sal beleef nie – daar sal altyd ’n paar sonne gelyktydig op wees!

– Willie Koorts

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa