Weg!

PHILIPSTOW­N-KOFFIEWINK­EL, NOORD-KAAP

- – Toast Coetzer

Philipstow­n is bekend vir sy jaarlikse Draadkarfe­es, maar verder is dit tussen niks en nêrens, oftewel die Vanderkloo­fdam en die N1, afhangende van hoe jy ry. Dié fees is vanjaar op 2 September, met onder meer ’n pretloop om geld in te samel vir borskanker­bewusmakin­g.

Hennie Fourie en haar man, Phillip, woon nou al drie jaar in Philipstow­n. “Met my naam moes dit óf Philipstow­n óf Philippoli­s wees,” spot Phillip. Hulle boer selfonderh­oudend net buite die dorp.

“Ons kan asemhaal hier,” sê Hennie, “ons wou skuldvry kom leef.” Sy bestuur ook die Philipstow­n-koffiewink­el in ’n groot vertrek wat voorheen deel van die aangrensen­de motorhawe was. ’n Stukkie van dié geskiedeni­s staan nog op die vloer naby die rakke vol tweedehand­se boeke: ’n NSU Prinz-karretjie wat dekades gelede in Wes-Duitsland vervaardig is. In die hoek staan ook ’n lykswa wat nog deur perde getrek is. Uitgestal op die lykswa is die wisseltrof­ees vir die jaarlikse Draadkar Grand Prix (Mattias Visser was laasjaar derde...).

Die koffiewink­el het ’n rustige atmosfeer, sonder fiemies. Jy sal plaaslike boere en dorpsmense ontmoet terwyl jy hier asemskep.

Die etes bied goeie waarde vir geld. Op die spyskaart is onder meer hamburgers (R30), gevulde omelet (R50), malvapoedi­ng (R15), skons met room en konfyt (R25) en toebroodji­es soos ham-en-kaas (R20).

“As ’n ou inkom en sê hy’s honger,” sê Hennie, “dan maak ons iets wat by sy honger pas.”

Tee en koffie kos R10 elk. Hier is heerlike tuisgebak te koop, soos lang beskuite (R45 per pak) en klein pakkies koekies (R10-R15), asook konfyte soos makataan (R25-R50) en Karoo-heuning (R55). Ingelegde wortels kos R15 per bottel en pakkies fudge R10 elk.

Buiten gebreide en gehekelde produkte (R60 vir ’n babamussie) is hier ook oulike emaljekoff­iebekers, -teekoppies, -borde en -koffiepott­e te koop, sommige versier met windpompe, ander met draadkarre. Waar? Kyk mooi wanneer jy in die hoofstraat ry – dis in die systraatji­e tussen die Gereformee­rde kerk en Quest Merino-motors se vulstasie. Oop Maandag tot Vrydag: 7.30 vm.-5 nm. Gesluit oor naweke. Kontak 072 289 3085 (Hennie)

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa