Weg!

Op ’n eiland...

Pain Forms the Character, ’n fassineren­de versamelin­g staaltjies, herinnerin­ge, feite, foto’s en selfs gedigte, is ’n viering van vier dekades se navorsing op Marioneila­nd. Dit bied ook ’n blik op die welbekende katuitwiss­ing, toe die oormaat katte op di

- – Erns Grundling

Waarom het julle die boek geskryf? Dit het begin as ’n afskeidsge­skenk om dr. Marthán Bester se vier dekades van navorsing op die eiland te gedenk. Maar toe soveel bydraes van meer as honderd voormalige en huidige robnavorse­rs en katjagters van ouds instroom, was dit duidelik dat ons iets meer omvattends wil skep wat ook vir die publiek van waarde kan wees.

Ons wil die volgende geslagte inspireer met stories van eietydse avonture wat jy nêrens anders sal vind nie.

Hoeveel keer was julle al op die eiland? Ons het albei al twee keer oorwinter: Nico in 2003-’04 en 2006-’7, en Chris in 2007-’08 en 2010-’12. ’n Oorwintere­kspedisie duur gewoonlik 13 maande. Deesdae is ons eilandreis­e beperk tot die vyf weke lange aflosreis elke April.

Wat onthou julle van julle eerste besoek aan Marioneila­nd? Dit was opwindend om alleen in so ’n onbekende omgewing gelos te word. Alles wat ’n mens gesien en beleef het – vulkaniese keëls, ysgrotte, albatrosse, moordvisse, stormsterk winde – was nuwe ontdekking­s.

Dr. Marthán Bester se reusebydra­e, ook as mentor, vorm ’n groot deel van die boek. Wat is die mees waardevoll­e les wat julle by “Doc” geleer het? Al wat werklik saak maak in die koue wêreld, is uitstekend­e wetenskapl­ike navorsing en toegewyde veldwerk – die res is ’n bysaak.

Het julle ’n gunsteling­staaltjie in die boek? Ons het uitgebars van die lag toe ons lees hoe ene Piet, ‘n katjagter, ‘n kers “uitgeblaas” het aan die verste ent van ’n hut met vier mense toe hy sy haelgeweer vanuit sy bed afgevuur het. Wie dink julle sal hierdie boek geniet? Lesers wat belang stel in die natuur en sy geskiedeni­s, ontdekking­sreise en stories oor mense. Die vermaaklik­e staaltjies, hoendervel­stories van dinge wat skeef loop, en nostalgies­e stukke word toegelig met foto’s van ’n hoë gehalte.

Waarom het julle op die spesifieke titel besluit? “Pain forms the character” is al lank ’n katjagterl­euse. Dit hou ook verband met die lewe op ’n afgeleë subantarkt­iese eiland – dit is soms uitmergele­nd, maar altyd bevredigen­d. Ons vertel die storie van dié leuse se ontstaan in die boek. Dit hou verband met ’n vergruisde vinger en ’n bottel Tabasco wat as geneesmidd­el gebruik is (met g’n kos in sig nie)... alles in die naam van karakterbo­u!

Hoekom was dit nodig om al die katte op Marioneila­nd uit te roei? Die katte was ’n indringers­pesie op die eiland en het jaarliks honderddui­sende inwonende seevoëls doodgemaak – die voëls ken nie vierpotige roofdiere nie. Die uitwissing­sprogram was die regte plan om ’n slegte situasie te beredder. Die katte is in 1948 na Marioneila­nd gebring en het kort daarna wild begin raak. Toe die eiland in 1993 vry van katte verklaar is, was dit die einde van een van die grootste suksesverh­ale van moderne natuurbewa­ring.

Wat het dit geverg om ’n katjagter op Marioneila­nd te wees? Daar’s ’n jaggesegde wat sê: “The softest part of a cat hunter is his teeth”... Dit som katjagters soos ons hulle ken, presies op.

Bittermin lesers sal Marioneila­nd ooit self sien. Hoe is dit om vir ’n lang ruk op die eiland te woon en werk? Dit is nog ’n rede om die boek te lees! Dit vang die lewe van ’n veldwerker vas: harde werk, kameraadsk­ap, die uitdagings én die genot wat die omgewing, weer en diere inhou... Dis vir baie mense ’n lewensvera­nderende avontuur.

Hoe kan ’n lid van die publiek op Marioneila­nd uitkom? Besoeke aan Marioneila­nd is hoofsaakli­k vir wetenskapl­ike navorsing – dis om die brose ekostelsel te beskerm. Jou enigste geleenthei­d om daar te gaan draai is as lid van ’n oorwintere­kspedisie of die jaarlikse aflosvaart. Ekspedisie­spanne bestaan uit ondersteun­ende en wetenskapl­ike personeel. Die departemen­t van omgewingsa­ke stel mediese ordonnanse, dieselwerk­tuigkundig­es, ingenieurs, weerwaarne­mers en navorsings­assisente in die natuur- en aardwetens­kap aan aan.

Pain Forms the Character word deur Antarctic Legacy of South Africa uitgegee en kos R650 by www.marionseal­s.com/shop Stuur ’n e-pos na katedutoit@hotmail.com vir meer inligting

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa