Weg!

5 DINGE WAT JY MÓÉT SIEN IN AFRIKA!

-

Weg het onlangs ’n epiese Afrika-reis in ’n Toyota Fortuner onderneem waarop ons binne 90 dae oor 6 landsgrens­e en byna 17 000 km gery het. Hier is ons lys van 5 ikoniese plekke wat jy móét besoek.

Ry Dar es Salaam toe. Tanzanië se grootste stad is binne maklike bereik van Suid-Afrika – dis heelpad teerpad! ’n Reis soontoe en terug is een van Afrika se beste selfrytoer­e. Doen aan by reservate soos Ruaha en Mikumi padlangs, en reis dan met die veerboot na Zanzibar vir ’n paar dae!

Vergaap jou aan Kilimandja­ro. Nee, jy hoef hom nie te klim nie – maar sién die berg! Afrika se hoogste is in die noorde van Tanzanië, en padlangs kan jy fantasties­e nasionale parke soos Mkomazi, Arusha en Tarangire besoek. Raak wild in Ngorongoro en Serengeti. Twee van Afrika se grootste wilderniss­e, en rég langs mekaar! Leeus, luiperds en jagluiperd­s dat dit by jou ore uitkom. Wildebeest­e in hulle duisende. Daardie klassieke sonsonderg­ang oor die savannevel­d. Dis als hier.

Ry Rwanda plat. Hierdie piepklein landjie kan jy sommer op een tenk brandstof verken – gaan kyk berggorill­as, goue ape en skaars voëlspesie­s, en span uit langs die mooie Kivumeer en in die Nyungwewou­d.

Vrugtevler­muise op steroïede! Zambië se Kasanka- nasionale park is tussen Oktober en Desember elke jaar die tuiste van tot 15 miljoen vrugtevler­muise!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa