Weg!

1 Tafelberg- nasionale park (Kaappunt)

-

Jy bly al hoe lank in Kaapstad? En jy was nog net een keer by Kaappunt? Wat ’n skande! Dié rotsagtige punt, gevrees deur seemanne soos Da Gama en Dias, is een van die mees dramatiese uitkykpunt­e in die land! En waar anders kry jy ’n wildernisg­evoel só na aan ’n stad?

Vra by die hek vir ’n kaart – jy ry meestal langs die hoofpad en draai af na mooi baaie en uitsigte. Hou stil by die Buffelsfon­tein-inligtings­entrum ’n entjie binne die reservaat. Wys vir die kinders die massiewe walvisbene en jaag almal badkamer toe.

Draai sowat 2 km nadat jy weer terug is op die hoofpad links en sit by Buffelsbaa­i aan vir ’n veldontbyt saam met die bobbejane. As jy dapper voel, kan jy dit waag om in die yskoue Atlantiese Oseaan te swem – hier’s ook ’n getypoel vir die kinders.

’n Entjie verder draai jy regs van die hoofpad af na ’n bekende branderpla­nkkol, Platboom. Onthou om op pad soontoe Dias se kruis te salueer. Gaan stap dan ’n ent oor die spierwit boepensdui­ne by Platboom en kyk doer oor die blou-en-wit horison.

Goed, jy’s amper by die grand finale, maar draai eers af na Pegram’s Point, Neptune’s Dairy en Kaap van Goeie Hoop – goeie uitkykpunt­e vir ’n dramatiese selfie... of drie. Jy kan van laasgenoem­de af al langs die kwaai kuswaters sowat 2 km ver stap tot by Kaappunt.

As jy jou stapskoene “vergeet” het, ry met die hoofpad terug tot by die Two Oceans-restaurant. Die pryse is nie te buitenspor­ig vir Kaapstad nie (R18 vir ’n koffie en R65 vir ’n glas wyn) en die uitsig onverbeter­lik.

Van hier af is dit ’n stywe stap teen ’n bult uit tot by die vuurtoring. As Ouma saamgekom het vir die dag, oorweeg ’n rit op die Flying Dutchman-kabelkarre­tjie (R65 p.p. retoer, R25 per kind.). Terwyl ’n mens opstap (of -ry), kan jy nie uitgekyk raak aan die fynbosheuw­els wat kilometers ver om jou uitstrek met toeriste wat soos miere oor dié landskap beweeg – en die alomteenwo­ordige groot blou dam – nie.

By die vuurtoring moet jy jou hoed behoorlik vashou vir die rukwinde terwyl jy oor die ernome rotsvinger tuur wat bo die see uittroon. As jy steeds nie suid genoeg voel nie, stap al langs die hange van die skiereilan­d op ’n nou klipperige wandelpaad­jie tot by die ware mees suidwestel­ike punt van Afrika!

Ry daarna met jou windverwaa­ide nuwe haarstyl terug huis toe. Hoe kom ek daar? Kaappunt is sowat 80 km van Kaapstad af. Tye 7 vm. tot 5 nm. Koste R135 per volwasssen­e, R70 per kind; gratis met ’n Wild Card of van 18-23 September. Kontak 021 780 9200; tmnp.co.za

– Arleen Stone

 ??  ?? Die uitsig van die vuurtoring af oor Diasstrand
Die uitsig van die vuurtoring af oor Diasstrand
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa