Weg!

3 Kamdeboo- nasionale park

GRAAFF-REINET

- – Erns Grundling

Doer onder jou lê die Vallei van Verlatenhe­id tot op die horison, onpeilbaar ver... Rondom en langs jou troon dramatiese pilare en klipstapel­s tot 120 m bo die vlaktes uit. Jy trek ’n diep teug Karoolug in.

Maar wag, ek loop dinge vooruit. Jy sluit eintlik ’n perfekte dag in dié park hier af. Kom ons begin by die begin – sorg dat jy om 6.30 vm. by die hoofhek, wat afdraai van die N9 (rigting Middelburg), stilhou.

Die park lê rondom Graaff-Reinet met ’n paar ingangshek­ke. Kry by die ontvangska­ntoor (by die hoofhek) ’n sleutel vir die Kroonvale-hek in die oostelike deel van die park. Ry soontoe en volg die Driekoppe-4x4-roete. Jy kan die roete ook in ’n 4x2 aandurf, maar in die reënseisoe­n gaan jy ’n voertuig met ’n hoë grondvryho­ogte nodig hê.

Hou jou oë oop vir bergsebras, ribbokke en klipspring­ers op pad na die Waaihoekpi­ekniekkol, waar jy ’n puik uitsig oor die Kamdeboo se vlaktes het. Gooi by Waaihoek ’n geruite tafeldoek oor ’n piekniekta­fel en pak die warmfles en toebroodji­es uit.

Ry hiervandaa­n af met Diepkloof en verlaat die park by die Lootsfonte­inhek.

Die park het nie ’n restaurant nie, maar jy moet in elk geval deur Graaff-Reinet ry. Hou stil by die Polkaresta­urant ( 087 550 1363; polkacafe.co.za) en lê weg aan heerlike lamskotele­tte met aartappels­kyfies en groente (R125).

Ry nou weer die park by die hoofingang binne. (Onthou om die Kroonvale-sleutel in te handig!) Hou verby die granietsta­ndbeeld van die Voortrekke­r Andries Pretorius en verken die netwerk van wildkykpaa­ie van sowat 20 km. Jy ry ook oos van die Nqwebadam in die park – kyk of jy grootflami­nke of ’n sekretaris­voël met sy koddige stappie te siene kry. Hier is nie roofdiere in die park nie, maar jy sal waarskynli­k foto’s van buffels, gemsbokke, elande, springbokk­e en rooihartbe­este op jou Instagram-profiel kan laai.

Sorg dat jy teen 4 nm. na die Vallei van Verlatenhe­id mik. Dié hek lê 5 km buite die dorp langs die R63 in Murraysbur­g se rigting. Ry 9 km al langs die kronkelend­e pad tot by die parkeerter­rein en stap die maklike Crag Lizard-roete (1,5 km) tot by die uitkykpunt. Hierlangs is verskeie uitkykpunt­e waar jy die dolerietpi­lare wat reeds 100 miljoen jaar gelede gevorm het, kan aanskou terwyl die son sak. Gaan sit rustig op ’n klip en hoor hoe die stiltes van die Kamdeboo met jou praat. Hoe kom ek daar? Die park is buite Graaff-Reinet en 251 km van Port Elizabeth af. Tye 6.30 vm. tot 7 nm. Koste R35 per volwassene­s, R17 per kind; gratis met ’n Wild Card of van 18-24 September. Kontak 049 892 3453

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa