Weg!

5 Tuinroete- nasionale park (Tsitsikamm­a-deel)

TUINROETE

- – Gerda Engelbrech­t

Die Tsitsikamm­a is een van die mooiste kusstroke ter wêreld, en ná die onlangse verwoesten­de brande het dié streek jou ondersteun­ing nodig.

Staan sommer al teen oopmaaktyd (7 vm.) voor die hek. Volg die teerpad na die onderste parkeerter­rein. Moenie jaag nie – hier is dikwels bokkies op die pad. Ry verby die netjiese staanplekk­e vir tente en woonwaens en die houthutte. Dagbesoeke­rs parkeer in ’n ruim parkeerter­rein op die verste punt van die reservaat.

Net langs die parkeerter­rein is ’n yslike markiesten­t waarin die Cattle Baron-restaurant tydelik gehuisves word nadat sy perseel hoër op teen die berg in ’n brand beskadig is.

Hier kan jy jou dag rég begin: met ’n spek-en-eierontbyt (vanaf R29) en boeretroos wat in ’n blikbeker voorgesit word. In goeie weer word die een sy van die tent afgeslaan en sien jy die branders skaars 50 m van jou tafel af ontplof.

Die branders “klots” en “breek” mos nie in hierdie geweste nie – hier slaan die golwe soos kanonvuur teen die rotse vas dat die wit skuim soos ’n vuurwerkve­rtoning die lug inskiet.

As jy laaste voorraad nodig het, kan jy koeldranke en peuselgoed by die winkel oorkant die restaurant kry. En dan lê ’n hele dag se stap op een van die talle dagstaproe­tes voor. Die langste roetes hier is die Keurpad- (15 km) en Watervalro­ete (6 km), wat die eerste deeltjie van die Otterwande­lpad volg.

Maar wie wil nou sweet? Mik ná ontbyt vir die plankiespa­d (1 km) na die Stormsrivi­er-hangbrug. Houtbankie­s staan in skadukolle langs die pad wat jy stap saam met kleuters in sandale, senior burgers, verliefdes...

In die namiddag kan jy die Loerieroet­e (ook ’n maklike 1 km) deur digte woud stap. Gaan sit ’n rukkie tjoepstil op een van die bankies en bespied die blaredak – die kans is goed dat jy die rooi vlerksleep van ’n Knysnaloer­ie of twee gewaar.

Somermaand­e kan jy natuurlik ook allerhande soorte waterpret hê, van kanoroei tot snorkeldui­k. Gaan klop hiervoor aan by Untouched Adventures ( 073 130 0689; untoucheda­dventures.com) se kantoortji­e op die strand.

Kyk laatmiddag hoe die son oor die see sak terwyl julle julle tuismaak by een van die braaiplekk­e vir dagbesoeke­rs. Wees rustig! Hoewel die hekke smiddae om 6 nm. sluit, mag dagbesoeke­rs tot 9.30 nm. bly. Hoe kom ek daar? Draai van die N2 af (195 km van Port Elizabeth en 68 km van Plettenber­gbaai af). Tye 7 vm. tot 6 nm. Koste R49 per volwassene, R24 per kind; gratis met ’n Wild Card of van 18-23 September. Kontak 042 281 1607

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa