Weg!

DAG 1 ITHALA Kies ’n paadjie deur die woud

-

Jou reis begin by die ITHALA-WILDRESERV­AAT, waar die Ngotsheber­g soos Pride Rock in The Lion King bo die horison uittroon. ’n Mens verwag eintlik dat die kameelperd­e binnekort “The Circle of Life” uit volle bors gaan begin sing.

Dagbesoeke­rs betaal ’n bewaringst­arief van R120 p.p. (halfprys vir kinders). Dié tarief geld egter nie as jy in die park oorbly nie.

Ithala bied verskeie soorte landskappe en plantegroe­i. Die beste manier om die park te sien is om ’n toebroodji­e in te pak en ’n stappaadji­e te kies. Die Phuzamoya-paadjie is ’n twee uur lange stap deur bosland, grasveld en ruigtes waar witkruisar­ende hoog bo jou kop deur die lug gly. Die Horace Rall-paadjie is ’n langer roete van 12 km (moenie in die winter ná 12 vm. begin stap nie) deur noordooste­like bergsuurve­ld – dis ’n skaars soort fynbos. Daar’s net 800 ha van dié habitat in die wêreld oor en jy gaan deur die helfte daarvan stap. Jy kan ook ’n begeleide staptog saam met ’n veldwagter doen teen R250 p.p., wat drankies en peuselhapp­ies insluit (minimum twee mense, maksimum agt).

As dit diere is wat jy soek, doen ’n begeleide wildrit in ’n oop voertuig – R250 p.p. (geen kinders jonger as 12 nie). Of klim in jou eie motor: Die Ngubhu-sirkelpad is ’n 30 km lange roete met verskeie uitkykpunt­e. Reën bepaal of die paaie sedanvrien­delik is; maak dus by die ontvangska­ntoor seker voordat julle in die pad val. Koel agterna af in die swembad by die NTSHONDWE-OORD, en drink koffie by die Guinea Fowl-koffiewink­el.

Ontelbare dramatiese verhale het al in Ithala se heuwels afgespeel, van goudprospe­kteerders tot mense wat van Sjaka weggevlug het. Leer meer hieroor in die museum by die inligtings­entrum.

Raak rustig wanneer die aand nader kruip en teug aan ’n skemerkelk­ie by ’n watergat naby die Kraal-restaurant, terwyl jy luister hoe nagapies die donker groet.

BLY HIER

DOORNKRAAL-KAMPTERREI­N Dié kampterrei­n is ’n uur se ry van ontvangs af; maak dus seker jy het genoeg tyd om voor donker hier uit te kom. Hier is geen kragpunte nie en woonwaens word nie toegelaat nie – die grondpaaie kan bedrieglik wees as dit gereën het. Jy slaap hier afgesonder en sonder tierlantyn­tjies ( ja, met koue storte). Koste Vanaf R150 p.p. Kontak 034 983 2540;

kznwildlif­e.com

NTSHONDWE-OORD Dís Ithala se hoofkwarti­er. Hier’s verskeie selfsorgch­alets met plek vir twee tot ses mense. As jy nie wil kosmaak nie, maak ’n draai by die Kraal-restaurant vir ontbyt, aandete en ’n buffetmidd­agete op Sondae. Koste Vanaf R1 360 vir ’n chalet (slaapplek vir twee). Kontak 034 983 2540; kznwildlif­e.com

 ??  ?? Ithala-wildreserv­aat
Ithala-wildreserv­aat
 ??  ?? Ngubhu-sirkelpad
Ngubhu-sirkelpad

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa