Weg!

DAG 2 JOZINIDAM Vang ’n tiervis

-

By die Jozinidam soek ’n mens ’n bietjie minder Jozini en ’n bietjie meer… dam. Dis waar die lodges aan die suidelike oewer kan help – hulle is ver van die geraas van die dorp Jozini af, maar naby genoeg aan Mkuze (’n stiller dorpie) as jy voorraad nodig het.

Die Jozinidam (amptelike naam: Pongolapoo­rtdam) se watervlak is tans laag weens die droogte. Daarom moes die huis- en vissersbot­e hulle gewone roetes verander sodat hulle nie in die modder vassit nie. Maar die tiervisse is nog hier, sê Jean Toucher van die GHOST MOUNTAIN INN, en die beste tyd om lyn nat te maak is in die warmer maande van September af.

Hier’s heelwat verhurings­dienste. Jean se raad is om te kyk of die diensversk­affer ’n uurlikse tarief vra en dan te vra wat alles hierby ingesluit is – só kan jy enige onvoorsien­e koste vermy.

By die Ghost Mountain Inn kos ’n halfdag-tiervisvan­gpakket R685 p.p. (R915 p.p. vir ’n voldag). Julle moet minstens vier mense wees. Hierdie prys sluit in: ’n boot met ’n skipper, brandstof, drinkwater, aas, stokke en visvangtoe­rusting. Pak self enige ander drink- en eetgoed in. Buiten tiervisse kan jy ook verwag om kurper, katvis, moddervis en karp te vang.

Ná ’n dag op die water gaan jy wil in- klim ook. As jy by UMZIKI CHALETS bly, kan jy dit doen: Gly en jil al by ’n 58 m hoë waterwurm af (dis by jou verblyfpry­s ingesluit).

Gaan sit op ’n dekstoel op die kaai by die Ghost Mountain Inn en kyk hoe die son sak voordat jy om die hoek stap na die MKUZE COUNTRY CLUB ( 035 573 1441) vir ’n stewige maaltyd. Probeer die kruisstuk, eier, tjips en uieringe (R100) of die spek-en-fetapizza (R85). Vra solank vooraf vir ’n woefiekard­oesie – die porsies hier is gróót. UMZIKI CHALETS Vlakvarke loop tussen die selfsorgch­alets (slaapplek vir twee tot vier) rond. Die chalets het basiese kombuisies, maar hier’s ’n goed toegeruste gemeenskap­like kombuis ook, en ’n boma en daai waterwurm. Koste Vanaf R550 p.p. wat deel; halfprys vir kinders jonger as 12. Kontak 082 552 2202; of soek op Facebook vir “Nkonkoni Fishing Camp”

NKONKONI FISHING CAMP Safaritent­e en selfsorgch­alets naby die rand van die water, met bos reg rondom. Kyk diere en voëls uit die twee skuilings. Lee Rodrigues, die bestuurder, sal jou sê hoe om by ’n visvangope­rateur uit te kom. Koste Elke safaritent het plek vir tot sewe mense en kos R300 p.n. plus R230 p.p. Chalets: vanaf R500 p.p. wat deel; halfprys vir kinders jonger as 12. Kontak 082 552 2202; of soek op Facebook vir “Nkonkoni Fishing Camp”

GHOST MOUNTAIN INN ’n Luukse hotel in die hartjie van Zoeloeland. Bly hier as jy ’n blaaskans van die stof en koue storte soek. Hier’s ’n verskeiden­heid kamers, ’n spa, groen tuine, swembadden­s en ’n ghrênd restaurant waar jy kan aansit vir ete. Hulle reël safari’s en ander uitstappie­s. Koste Standaardk­amer: vanaf R1 230 p.p. wat deel. Kontak 035 573 1025; ghostmount­aininn.co.za >

 ??  ?? Jozini-damwal
Jozini-damwal
 ??  ?? Waterwurm, Umziki Chalets
Waterwurm, Umziki Chalets
 ??  ?? Nkonkoni Fishing Camp
Nkonkoni Fishing Camp

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa