Weg!

DAG 3 NDUMO Gaan soek ’n visuil

-

Stel vandag die GPS vir die NDUMO-WILDRESERV­AAT. Pasop vir koeie en bokke wat tot op die P522 loop. Dagbesoeke­rs betaal R60 p.p., halfprys vir kinders en R50 per voertuig, maar dit geld nie as jy oorbly nie.

Ndumo het buffels en renosters, maar jy’s nie hier vir die groot ouens nie; jy’s hier om voëls te kyk: Hier is 430 aangeteken­de spesies! Joseph Gumede werk al 24 jaar as gids by Ndumo en hy sê die park se ligging is die rede hoekom die voëls (en die voëlkykers) hierheen stroom. Die kombinasie van sandwoud, vloedvlakt­es en panne is die perfekte bymekaarko­mplek vir ’n voëlkonser­t.

Bespreek wanneer jy by ontvangs aankom ’n begeleide stap saam met Joseph die volgende oggend (R150 p.p.; ’n gewapende veldwagter stap saam). As jy met ’n tweewielaa­ngedrewe voertuig hier is, ry die Balemhlang­aroete al langs die parkgrens.

As jy wel ’n 4x4 het, pak ’n stukkie boerewors en houtskool in en ry na die RED CLIFFS-UITKYKPUNT. Dié kyk uit oor die Usuthurivi­er, wat Suid-Afrika van Mosambiek skei (GPS S26.85306 E32.20611). Hier’s braaigerie­we, piekniekta­fels en ’n toilet.

Hou op pad terug stil by die uitkyktori­ng by die ingangshek vir ’n uitsig oor die Lebombober­greeks in Swaziland en die Mosambieks­e vlaktes. Draai nog 5 km verder, op pad terug kamp toe, links na die EZULWENI-VOËLSKUILI­NG en slaan jou Roberts-voëlgids oop.

BLY HIER

NDUMO-RUSKAMP Ndumo se hoofkamp is basies maar gemaklik, met baie bome wat skadu gee. Hier is selfsorgch­alets met slaapplek vir twee en ’n kampterrei­n met elektrisit­eit. Die chalets en die kampplek deel ablusieger­iewe en ’n swembad. Jy kan basiese voorraad soos drinkwater by die ontvangswi­nkel koop, of jou eie saambring. Koste Kamp vanaf R130 p.p.; chalets vanaf R800 p.n. (slaapplek vir 2). Kontak 033 845 1000; kznwildlif­e.com

 ??  ?? Ndumo-wildreserv­aat
Ndumo-wildreserv­aat
 ??  ?? Kosimondin­g
Kosimondin­g

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa