Weg!

DAG 5&6 KAAP VIDAL Die beste van die strand én die bos

-

Keelvol daarvoor om douvoordag tent af te slaan? Dis tyd om jou kampstoel vir ’n ruk in die sand te plant. Kaap Vidal – met see, mere, woude én bosveld – is minstens 2 nagte werd.

Dis sowat drie uur se ry tot by St. Lucia. Vul jou voorraad aan by die Spar en maak jou tenk by die Engen vol. Ry dan die ISIMANGALI­SOVLEILAND­PARK van die suide af binne.

Maak seker jou kamp is beveilig teen apies en gaan dan strand toe met jou visstok. (’n Maandeliks­e hengelperm­it kos R52 – kry dit by die poskantoor.) Die rif is ’n goeie snorkeldui­kplek, veral met laagwater, en beskerm die baai sodat ’n mens veilig kan swem.

Hoe klink ’n wildrit ná ’n vinnige swem in die see? Volg die Grassland-sirkelroet­e rondom die eMfabeni-moeras, waar jy buffels, renosters, wildebeest­e en sebras kan sien. Eet ’n piekniekmi­ddagete by CATALINABA­AI (GPS S28.22456 E32.48881) op die oewer van die St. Lucia-meer. Mik dan suid om te kyk wat skud by die watergat by iMbomapan en vind jou weg terug met die Vlei-sirkelpad langs tot by MISSION ROCKS (GPS S28.27578 E32.48644). By Mission Rocks is ongerepte strand in albei rigtings. Jy kan dié roete in ’n gesinsedan ry.

November tot Februarie is broeityd vir leeren karetskilp­aaie. KZN Wildlife het Thompsons Tours gekontrakt­eer om toeriste te neem op daaglikse uitstappie­s om dié verskynsel te sien. ’n Toergids laai jou op vir ’n nagrit en dan gaan stap julle ’n ent op die maanverlig­te strand waar julle hopelik (hou duim vas!) skilpaaie sien wat na hulle geboortepl­ek terugkeer om eiers te lê. Later in die seisoen kan jy sien hoe die kleintjies rieme neerlê see toe. Die uitstappie duur ses tot sewe uur en kos R1 095 p.p., wat verversing­s en ’n ligte aandete insluit ( 0861 846677; thompsons.co.za).

BLY HIER

KAAP VIDAL Agter die beboste duine – binne hoorafstan­d van die see – lê dié selfsorg-houthutte en ’n kampterrei­n sonder krag. Bring jou eie drinkwater of koop by die winkel (R25 vir 5 ℓ). Koste Kamp: vanaf R540 p.n. vir vier mense. Houthut: vanaf R1 575 p.n. vir 3 mense (slaapplek vir 5) Kontak 035 590 9012; kznwildlif­e.com >

 ??  ?? Kaap Vidal
Kaap Vidal
 ??  ?? Grassland-sirkelroet­e, Kaap Vidal
Grassland-sirkelroet­e, Kaap Vidal
 ??  ?? Houthut, Kaap Vidal
Houthut, Kaap Vidal

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa