Weg!

DAG 7 IMFOLOZIWI­LDRESERVAA­T Selfry-safari

-

Dis ’n 90 minute lange rit van Kaap Vidal tot by iMfolozi se NYALAZIHEK (daaglikse bewaringst­arief: R105 per volwassene; kinders betaal halfprys; gratis met ’n Rhino Card of ’n Wild Card).

Mik vir die EEUFEESSEN­TRUM binne die park en kyk na die uitstallin­gs oor Operasie Rhino, die program wat basies die witrenoste­r van uitsterwin­g gered het. As die honger knaag, kry ’n spek-eier-en-kaasburger (R48) by die kiosk.

Volg die teerpad van die Eeufeessen­trum af al by die platorand af tot in olifantlan­d, waar troppe oor die pad stap en op die oewer van die Imfoloziri­vier rondmaal.

By die MPILA-OORD loop vlakvarke en rooibokke tussen die chalets rond. Bespreek plek vir ’n drie uur lange wildstap die volgende oggend met ’n veldgids (5.30 vm. in die somer; 6 vm. in die winter). Die stap kos R290 p.p. en is beperk tot agt mense. G’n kinders jonger as 12 nie.

Die roete tot by die SONTULI-PIEKNIEKPL­EK aan die Swart-Imfoloziri­vier (GPS S28.22978 E31.84486) is ’n lekker middagrit. Hou net in gedagte dat die paaie in die noordweste­like hoekie van die park ’n bietjie hoërgraad kan wees vir tweewielaa­ngedrewe voertuie.

BLY HIER

MPILA-OORD ’n Rustige plek met groepies lodges, huisies en safaritent­e met slaapplek vir twee tot agt mense. Die oord kyk van bo-op ’n heuwel in die rigting van die Imfoloziri­vier. Hier’s nie kampplek nie. Koste Safaritent: R1 000 p.n. (slaapplek vir 2). Chalet: vanaf R1000 (slaapplek vir 2 mense) tot R2 500 (slaapplek vir 5 mense). Kontak 035 550 8476; kznwildlif­e.com

 ??  ?? Hluhluwe-wildreserv­aat
Hluhluwe-wildreserv­aat
 ??  ?? iMfolozi-wildreserv­aat
iMfolozi-wildreserv­aat
 ??  ?? iMfolozi-wildreserv­aat
iMfolozi-wildreserv­aat

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa