Weg!

DAG 9 DUNDEE ’n Reis deur tyd

-

Jou geskiedeni­sles begin as jy by iMfolozi se CENGENIHEK uitry na Ulundi en verder na Dundee, die poort na Zoeloeland se slagveldge­denkplekke.

Vat sowat 25 km voor Dundee die Dejagersdr­ift-afdraai van die R33 af en volg die grondpad tot by die BLOEDRIVIE­RGEDENKTER­REIN. Dis waar die Voortrekke­rs in 1838 teen die Zoeloeleër geveg het. (Toegang R40 per volwassene; R25 per kind; plus R20 per voertuig).

Kyk by die besoekerse­ntrum na ’n video oor die veldslag, en stap dan na die lewensgroo­t laer van verbronsde waens. Jy kry ’n kaart waarmee julle die plekke rondom die slagveld kan verken. En moenie loop sonder om die legendarie­se maalvleisv­etkoek (R50 p.p.) by die Trekker Kitchen te bestel nie. Bespreek vooraf as julle meer as 10 mense is.

Ry ná Bloedrivie­r aan met die R33 (met sy ooraanbod spoedhobbe­ls) tot in Dundee. Ry deur die dorp en hou sowat 40 km aan, draai dan links op ’n grondpad wat by ’n vallei afdaal tot in die hartjie van Zoeloeland. Die pad vat jou na ELANDSHEIM RETREAT, ’n lekker basis van waar julle na die RORKE’S DRIFTen ISANDLWANA-SLAGVELD ’n entjie verder kan gaan kyk.

Vra Elandsheim se bestuurder, Kristie Payne, om jou te verwys na ’n slagveldke­nner wat julle kan rondwys, afhangend van wat julle wil sien (’n dagtoer kos R1 500-R3 000 per groep). Of kry ’n gedetaille­erde kaart (R3) by haar as jy verkies om jou eie gids te wees. (Toegang tot Rorke’s Drift en Isandlwana: R35 per volwassene by elke plek; R20 per kind.)

As julle weer terug is by Elandsheim, kan die kinders op ’n foefieslaa­id (R120 p.p.) uiting gee aan al die energie wat hulle in die motor sit en opgaar het, of julle kan mik vir die boogskietb­aan (R65 p.p vir volwassene­s). Hier is ook heelwat stappaadji­es in die omliggende reservate.

Voordat julle Dundee verlaat, hou by die TALANA-MUSEUM stil vir nog slagveldge­skiedenis, asook ’n blik op die lewe in hierdie boerdery- en mynboudorp. Pam McFadden is die entoesiast­iese kurator (toegangsta­rief: R30,20 per volwassene; R2,40 per kind).

BLY HIER

BATTLEFIEL­DS-WOONWAPARK Dié woonwapark is op Menteith Farm buite Dundee, na aan die afdraai na Bloedrivie­r. Die kampterrei­n het skoon ablusie- en kombuisger­iewe, ’n lapa, trampolien en swembad. Koste R170 p.n. per woonwa of tent vir vier mense. Kontak 034 632 1723

BLOEDRIVIE­RGEDENKTER­REIN Hier’s driesterve­rblyf in en suite-kamers en lekker boerekos by die Trekker Kitchen-restaurant. Hier is ook braaiplekk­e. Koste R350 p.p. wat deel in gastehuis; R250 per kind. Dit sluit ontbyt in. Kampe: R200 vir vier mense. Matrasse kan voorsien word as jy graag in ’n ossewa wil slaap... (R150 p.p.; eie beddegoed). Kontak 087 985 1884; bloedrivie­r.org.za

ELANDSHEIM RETREAT Hierdie vreedsame plek is 55 km van Dundee af, omring deur private wildreserv­ate. Gaan kyk na die Lutherse kerk van sandsteen wat in 1921 op die plaas gebou is. Koste Dubbelkame­r met gemeenskap­like badkamer: vanaf R350 p.p. wat deel (elke kamer het ’n braaiplek); R550 met aandete en ontbyt ingesluit. Hier’s ook ’n hut met en suite-slaapkamer­s en slaapplek vir agt mense: vanaf R240 p.p. Groter groepe kan ’n kombuisrui­mte huur, asook ’n lapa wat een keer per dag skoongemaa­k word. Kontak 072 819 5686; elandsheim.co.za >

 ??  ?? Rorke’s Drift-slagveld
Rorke’s Drift-slagveld
 ??  ?? Elandsheim Retreat
Elandsheim Retreat
 ??  ?? Bloedrivie­rgedenkter­rein
Bloedrivie­rgedenkter­rein

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa