Weg!

DAG 10 NORMANDIEN Vat dit rustig

-

’n Mens kan nie die Zoeloekoni­nkryk verken sonder om die vars lug van die Drakensber­g in te asem of in die verfrissen­de riviere te swem nie. Mik dus vir MOORFIELD MOUNTAIN FARM, sowat 90 km van Dundee af.

Dié gasteplaas is bo-op Mullerspas geleë en grens aan die Ncandu-natuurrese­rvaat. Borrelende sytakke van die Ncandurivi­er vloei verby die huise. Jy’t nou genoeg rondgery en toeris gespeel: Dié is die ideale plek om jou vakansie af te sluit – met ’n boek onder die boom en ’n wandeling elke nou en dan.

En jy gaan sukkel om beter stappaadji­es te kry: Een vat jou van hooglandvl­aktes tot in ’n kloof met ’n hele skare oeroue geelhoutbo­me. Nog een loop deur woude waaroor baardmos gedrapeer is na ’n skouspelag­tige waterval. Grasveld én ’n beboste kloof... voëlkykers sal weer en weer wil kom kuier. Jy kan vooraf reël om te abseil (R250 p.p.) of ’n begeleide perderit te doen (R100 per uur).

Steek later die aand – ná ’n laaste verfrissen­de plons in ’n rivierpoel hier naby – ’n braaivleis­vuur aan terwyl die son agter die berg verdwyn en die mooiste sterreheme­l van jou vakansie geleidelik bo jou oopvou.

BLY HIER

MOORFIELD MOUNTAIN FARM Verblyfops­ies sluit in die Tin House met slaapplek vir nege (dis in die 1890’s deur ’n landmeter gebou met sink en hout wat uit Kanada verskeep is); ’n grasdakron­dawel met slaapplek vir twee mense (foto links) of backpacker­verblyf. Koste Tin House: R1 700 p.n. Rondawel: R700 p.n. Backpacker-opsies vanaf R600 p.n. vir ’n kamer met vier beddens (bring jou eie beddegoed en handdoeke). Afslag beskikbaar as jy langer as een nag bly. Kontak 082 328 3819; moorfield.co.za

 ??  ?? Moorfield Mountain Farm, Normandien
Moorfield Mountain Farm, Normandien
 ??  ?? Moorfield Mountain Farm, Normandien
Moorfield Mountain Farm, Normandien

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa