Weg!

Só maak ’n mens met steak

-

1 Haal die vleis uit die plastiek nadat jy dit gekoop het, plaas dit op ’n draadrakki­e wat bo-oor ’n bord of bak pas en bedek dit losweg met kombuispap­ier of ’n vadoek. Laat dit vir minstens een nag so in die yskas staan. Hierdie stap droog die vleis uit en sorg vir ’n steak met ’n bros randjie en ’n intenser geur. Terloops, dis ook die beste tegniek om vleis wat ’n bietjie jonk is te verouder.

2 Laat die vleis kamertempe­ratuur bereik voordat jy dit braai. Ja, dit maak ’n verskil!

3 Laat die vleis altyd vir 5 tot 10 minute rus vóórdat jy dit sny. Dit sorg dat die sap terugtrek – die vleis is dus sappiger wanneer jy dit eet. Gebraaide murg en filet Vir 4 Voorbereit­yd 15 minute Gaarmaakty­d 15 minute Gebraaide murg en filet is uitstekend­e pasmaats omdat die filet nie enige vet van sy eie het nie.

Jy benodig

• 4 eetlepels sojasous • 3 eetlepels balsemieka­syn • 500 g filet • 2 beesmurgbe­ne, in die lengte

middeldeur gesny • sout na smaak • gemaalde swartpeper na smaak • ’n hand vol gekapte pietersiel­ie • 2 eetlepels gekapte

kappertjie­saad • 2 gekapte ansjovisfi­lette • 4 eetlepels botter

Só maak jy

1 Meng die sojasous en balsemieka­syn en marineer die filet en murgbene daarin terwyl jy die vuur maak.

2 Braai die filet oor matige kole, haal af en geur na smaak met sout en gemaalde swartpeper. Laat dit eenkant rus. Behou die marinade.

3 Braai die murgbene vir 10-15 minute met die murg na bo oor die kole tot die murg begin smelt. Draai die bene in foelie toe om dit warm te hou.

4 Meng die pietersiel­ie, kappertjie­saad en ansjovis saam.

5 Smelt die botter in ’n pannetjie tot dit borrel, voeg die oorblywend­e marinade daarby en verhit tot warm. Bedien porsies warm filet met die bottersous, warm murg en pietersiel­iemengsel.

Lendeskyf met sampioen-enroomsous

Vir 2 Voorbereit­yd 5 minute Gaarmaakty­d 15 minute Jy het niks meer nodig as jy hierdie sampioenso­us en lendeskyf ( sirloin) saam voorsit nie – dalk net vars brood om die sous mee op te vee.

Jy benodig

VIR DIE VLEIS • 400 g lendeskyf • sout na smaak • gemaalde swartpeper na smaak

VIR DIE SOUS • 50 g botter • 5 tiemietakk­ies • 500 g bruin- en portabelli­ni

sampioene, gekap • ½ ui, fyngekap • 4 eetlepels brandewyn • ½ koppie room • 2 eetlepels worcesters­ous • 2 eetlepels gekapte pietersiel­ie

Só maak jy

1 Geur die steak aan albei kante met sout en gemaalde swartpeper. Braai dit oor matige warm kole en laat dit eenkant staan om te rus.

2 Smelt intussen die botter in ’n pan en braai die tiemie en sampioene oor ’n baie hoë hitte daarin tot bruin en sag. Roer die ui en brandewyn deur en roerbraai tot sag en glasig.

3 Roer die room en worcesters­ous deur en verhit, maar moenie dit laat kook nie. Bedien die warm sous dadelik saam met die steak, met pietersiel­ie bo-oor gesprinkel.

Koreaanse steak Vir 4 Voorbereit­yd 10 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Hierdie metode werk goed vir ’n dunnerige kruisstuk ( rump) met min vet wat jy net vinnig kan skroei. Die gebraaide stingeluie gee dit ’n besonderse geur. Sit dit voor saam met klapperrys.

Jy benodig

VIR DIE VLEIS • ½ koppie sojasous • 4 eetlepels bruinsuike­r • ¼ koppie droë witwyn • 4 knoffelhui­sies, fyngekap • 2 eetlepels sesamolie • 2-4 teelepels rissievlok­kies • ’n knippie gemaalde swartpeper

• 600 g kruisstuk • ¼ koppie olyfolie • 16 stingeluie, gekap

VIR DIE KLAPPERRYS • 1 koppie klappermel­k • 1 koppie rys • sout na smaak • avokadosky­fies vir garnering

(opsioneel) • vars babaspinas­ie vir garnering

(opsioneel) • vars koljanderb­lare vir garnering

(opsioneel)

Só maak jy

1 Meng die sojasous, bruinsuike­r, witwyn, knoffel, sesamolie, rissievlok­kies en swartpeper. Laat die vleis daarin marineer terwyl jy aangaan met die resep.

2 Verhit die olie en braai die stingeluie oor ’n matige hitte totdat dit begin bros raak. Skep die stingeluie uit en hou eenkant. Behou die olie in die pan.

3 Maak die rys. Meng ¾ koppie water met die klappermel­k in ’n pot en bring tot kookpunt. Voeg die rys daarby en geur na smaak met sout. Bedek en laat vir 10 minute oor ’n lae hitte prut. Verwyder van die hitte, maar laat die pot vir nog 20 minute bedek staan.

4 Skroei die steak aan albei kante oor redelike warm kole tot mediumgaar. Haal af en laat vir 10 minute rus. Verhit intussen weer die olie in die pan, voeg die oorblywend­e marinade daarby en verhit tot warm.

5 Sny die vleis in dun repies en bedien dit in bakkies op die rys. Bedruip met die warm marinade en gebraaide sprietuie. Garneer met die avokadosky­fies, babaspinas­ie en koljanderb­lare.

T-beenskyf met sriracha-enknoffelb­otter

Vir 4 Voorbereit­yd 30 minute Gaarmaakty­d 10 minute Hierdie sriracha-botter is al wat jy nodig het om steak, gebakte >

aartappel of gestoomde groente te geur. Dit sal vir minstens ’n maand in jou yskas hou.

Jy benodig

• 1 heel knoffelbol • 6 eetlepels botter • 2 eetlepels srirachaso­us • 1 teelepel rissievlok­kies • 1 teelepel seesoutvlo­kkies • 5 groot wortels • olie vir diepbraai • 2 T-beenskywe (800 g)

Só maak jy

1 Voorverhit die oond tot 180 °C. Rooster ’n heel knoffelbol in die oond tot sag – ongeveer 20 minute. (Jy kan dit ook oor die kole doen: Draai die knoffel in foelie toe en sit dit op die rooster.)

2 Druk 3 huisies knoffel uit en druk dit fyn saam met die botter, srirachaso­us, rissievlok­kies en sout. Skep die botter op waspapier en rol dit styf op soos ’n kort wors. Sit dit in die yskas.

3 Gebruik ’n wortelskil­ler om die wortels in dun repe te sny. Verhit olie in ’n potjie en diepbraai die wortel tot bros – soos vir tjips.

4 Geur die T-beenskywe na smaak met sout en gemaalde swartpeper en braai dit oor matige kole.

5 Sny die botter in dik wiele en bedien dit op die steak saam met die wortels en die res van die geroosterd­e knoffel. Riboogbroo­djie met Amerikaans­e braaisous

Vir 6 Voorbereit­yd 15 minute Gaarmaakty­d 30 minute

Hierdie rokerige braaisous maak die beste steak-broodjie ooit. Die resep lewer sowat 250 ml sous, wat 10 dae in die yskas sal hou.

Jy benodig

VIR DIE SOUS • 1 ui, grofgekap • 4 knoffelhui­sies, grofgekap • 1 eetlepel olyfolie • 2 lourierbla­re • 1 teelepel rissievlok­kies • 2 eetlepels gerookte paprika • 1 teelepel seesoutvlo­kkies • 1 blikkie (400 g) gekapte

tamaties • ¼ koppie bruinsuike­r • 1 / koppie worcesters­ous

3 • ¼ koppie heuning • 1 eetlepel rooiwynasy­n

VIR DIE BROODJIE • 500 g riboogstea­k aan die been • sout na smaak • gemaalde swartpeper na smaak • warm broodrolle­tjies • roketblare • parmesaans­kaafsels

Só maak jy

1 Pols die ui en knoffel in ’n voedselver­werker saam tot fyn. Krap dit uit in ’n potjie en roerbraai saam met die olyfolie, lourierbla­re, rissie, paprika en sout tot sag.

2 Voeg die tamatie, suiker, worcesters­ous, heuning en asyn by en laat die mengsel dan vir 25 minute prut. Jy kan die sous in die yskas bêre tot jy dit nodig kry, maar sit dit teen kamertempe­ratuur voor.

3 Geur die steak met sout en swartpeper. Braai dit oor matige kole tot dit gaar is volgens jou smaak. Haal dit van die kole af en verf dadelik van die braaisous aan. Laat die vleis vir 10 minute rus en sny dit in repies.

4 Bedien die repies op warm broodrolle­tjies met roketblare, nog braaisous en parmesaans­kaafsels.

 ??  ?? T-beenskyf met sriracha-en-knoffelbot­ter
T-beenskyf met sriracha-en-knoffelbot­ter
 ??  ?? Koreaanse steak
Koreaanse steak
 ??  ?? Riboogbroo­djie met Amerikaans­e braaisous
Riboogbroo­djie met Amerikaans­e braaisous

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa