Weg!

Snoesig warm met shiraz

- – Cathy Marston

As daar al ooit ’n wyn pasgemaak was vir die koue, is dit shiraz. (En hier in die vroeglente kan die luggie maar nog lekker byt.) Die swart vrugte, sagte tannien en ondertone van speserye en peper maak dit ’n goeie maat vir enige wintergere­g. Dié variëteit word soms “syrah” genoem, wat verwys na ’n wyn met ’n elegante speseryagt­igheid. Shiraz is meestal meer lywig en rokerig. Maar, wat ook al jy dit wil noem, daar is ’n wyn vir elke sak en smaak. Hier is drie van my gunsteling­e tans.

Die Porcupine Ridge-reeks van Boekenhout­skloof buite Franschhoe­k stel nooit teleur nie. My gunsteling in die reeks is die Porcupine Ridge Syrah 2016 (R55). Ek kan nie raai hoe hulle dit regkry om soveel geur teen daai prys in dié wyn te pas nie. Dit het hope swart vrugte en leer, maar wat werklik beïndruk, is die geur van viooltjie en swartpeper. Hierdie rooiwyn is ’n noodsaakli­kheid op ’n koue dag.

Tegnies is die Rickety Bridge Foundation Stone Red 2014 (R100) ’n versnit. Grenache-, cinsault- en tannat-druiwe is betrokke, maar wie gee om? Die kombinasie van swart en rooi bessies en subtiele tannien is heerlik. Daarby het die bottel ’n byderwetse etiket – probeer dit gerus!

My laaste voorstel is aan die duur kant… Die Bernard Series Basket Press Syrah 2015 (R220) van Bellingham is ’n elegante wyn wat 2% viognier bevat vir ekstra geur en finesse. Dié wit druif gee die wyn meer geur en ’n ryk kleur. Dit word hoog aangeskryf op die app Vivino ( vivino.com) – geniet hom en gee ook jou mening op die app!

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa