Weg!

BUISSAKKE

-

’n Buissak bly ’n belangrike reisstuk wanneer jy gaan kamp. Hier is vier gewilde

keuses.

1 K-Way Evo ’12 Gearbag

As jy ’n eenvoudige, bekostigba­re dog duursame buissak soek, is die K-Way Gearbag ’n goeie roep. Dis beskikbaar in verskeie kleure en vier mates: klein (35 ℓ), middelslag (60 ℓ), groot (85 ℓ) en ekstragroo­t (140 ℓ). Ons verkies die middelslag-grootte omdat hy nie te swaar is nadat jy hom vol naweekkler­e gestop het nie.

Die sak is ongelukkig nie waterbesta­nd nie, maar jy kan hom saam met ’n skeppie Omo in die wasmasjien gooi as hy vuil is. Volume 60 ℓ R600 by Cape Union Mart

2 First Ascent Dry Bag

Hengelaars en kajakroeie­rs, staan nader. Hierdie bekostigba­re droësak is gemaak van duursame PVC en hy sal dryf indien ’n fratsgolf jou bagasie in die see tiep.

Die rolluikope­ning werk goed om water en stof uit te hou, mits die sak ook met lug gevul is. Die sak se opening is ongelukkig nie 100% waterdig nie. As jy klere binne wil droog hou, moet jy liefs nie die sak vir te lank onder die water dompel nie. Volume 60 ℓ R900 by Sportsmans Warehouse

3 ATG Multi-activity

Die vervaardig­er van hierdie buissak het ’n hele klomp ekstras ingesluit. Jy kry ’n skouerband, rugsakband­e en stroppe, sodat jy hom agter op jou motorfiets of opblaasboo­t kan vasmaak. Dis maklik om klere in en uit te pak danksy die wye rolluikope­ning, en ’n sluitbare klep laat jou toe om die sak vol lug te blaas (dit help om water en stof uit te hou). As jy die sak goed verseël het, behoort hy voldoende waterdig te wees sodat jy met hom oor ’n rivier kan swem. Volume 40 ℓ R1 100 by Outdoor Warehouse

4 Thule Chasm Medium

Nes die ATG-buissak bied Thule ook skouerband­e en stroppe, en binnelangs het die sak maasvakkie­s om jou tandeborse­l van jou sokkies te skei. Die vakmanskap is duidelik te sien en jy weet sommer hierdie sak gaan lánk hou. Thule bied selfs ’n tweejaarwa­arborg, ongeag die oorsaak van die skade.

Nog ’n eienskap wat ons beïndruk het, was die opgestopte boom. Dit bied ’n mate van beskerming vir breekgoed as jy die sak hard sou neersit. Volume 70 ℓ R2 600 by Due South en Thule-agente

>

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa