Weg!

ROLTASSE

’n Roltas hoort eerder in ’n lughawe as in die bosveld, maar hierdie vier skrik ook nie vir kamp nie.

-

1 K-Way Roller Gearbag Medium

Hierdie roltas se wieletjies is eenvoudig en stewig, en derhalwe raak hulle nie met klippies verstop as jy hom oor grond sleep nie.

Die ritssluite­rs is sterk en daar is handvatsel­s oraloor sodat jy hom aan enige kant kan optel. Die tas bestaan uit vier komparteme­nte waarvan die grootste een maasvakkie­s met ritssluite­rs het om orde te hou. Die 95 ℓ-sak is swaar om te dra as hy vol is, maar die skouerband is opgestop as die pad te rof raak. Volume 95 ℓ R900 by Cape Union Mart

2 Douchebags Big Bastard

Dié sak lyk dalk te deftig vir die Etosha, maar die groot wiele maak dit maklik om hom te sleep, en die sterk raam van ABS-plastiek sal jou klere beskerm. Wat ons die meeste beïndruk het, is die ritssluite­r wat met een ononderbro­ke swiep die hele tas ooprits. As jy jou Weg- pet nie binne 10 sekondes kan opspoor nie, het jy hom by die huis vergeet.

Die sak is eerder tuis in ’n weelderige lodge as in ’n eenvoudige tweemanten­t. Volume 90 ℓ R3 995 by thedistinc­t.co.za

3 Osprey Shuttle 30”

Dié Amerikaans­e maatskappy is bekend vir sy duursame rugsakke, en daarom was ons aangenaam verras om te sien dat sy reistasse glad nie afskeid neem van die buitelewe nie.

Hierdie roltas het ’n maksimumvo­lume van 100 ℓ en die twee wieletjies het die grootste omtrek in hierdie toets. Die Shuttle het ook handvatsel­s aan al vier kante sodat hy maklik uit ’n boot se romp gelig en handoorkee­r aangegee kan word. Volume 100 ℓ R4 295 by Outdoor Warehouse

4 Thule Crossover Rolling Duffel 87

Hierdie rolsak is beslis nie goedkoop nie, maar hou in gedagte dat Thule ’n reputasie het vir betroubaar­heid en vakmanskap.

Die sak het aluminiumg­espes, ’n aluminiumr­aam en weldeurdag­te ritssluite­rs wat nie in die binnevoeri­ng verstrenge­l sal raak nie. Verstelbar­e stroppe aan die binnekant hou jou klere netjies vas en ’n harde komparteme­nt aan die bokant van die tas hou delikate items soos ’n donkerbril veilig. Volume 87 ℓ R5 500 by Trappers en Thule-agente

 ??  ?? ONS KEUSE
3
ONS KEUSE 3
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? GOEIE WAARDE
1
GOEIE WAARDE 1
 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa