Weg!

VIR JOU MOTOR

-

Eco Emergency Car Kit

Dit is onverantwo­ordelik om met vakansie te gaan sonder gereedskap of 'n noodhulpst­el. Hierdie stel bevat 'n sleeptou, glimstrook­hemp, kabelbinde­rs, jumper leads, 'n opwenflits en 'n nooddrieho­ek – buiten die een wat aan die sakkie vasgewerk is. Jy kry ook 'n basiese noodhulpst­el bestaande uit verbande, handskoene, gaasdoekie­s, 'n skêr en kleefband. Dit is nie 'n volledige stel nie, maar dis 'n goeie beginpunt. Gewig 1,5 kg R495 by bagsdirect.co.za

Rhino-Rack XTray Small

Daktrommel­s is peperduur en buitengewo­ne voorwerpe soos brandstofk­anne en noodwiele pas dikwels nie binne-in nie.

Ons hou van die kleiner Xtray, want dit los genoeg plek langsaan op die drarak vir 'n bergfiets, en tog bied dit hope pakplek vir 'n paar droësakke en 'n driemanten­t. 'n Ander voordeel bo 'n daktrommel is dat jy 'n vrag hout hierop kan laai vir vanaand se vagevuur by die kampplek. Vrag 75 kg R3 960 by rhinorack.co.za

Front Runner Load Bed Cargo Slide

As jou bakkie 'n kappie het, weet jy goed hoe lastig dit is om die laaste paar sakke dóér agter uit te haal. Hierdie glyplank maak dit sommer aansienlik makliker.

Die blad het heelwat ankerpunte om jou pakkaas stewig vas te maak en is beskikbaar in drie groottes: klein, middelslag en groot. Daar's dus 'n glyplank vir elke sort bakkie – van 'n Ford Bantam tot 'n Toyota Land Cruiser 79. Vrag 250 kg R5 995 by frontrunne­routfitter­s. co.za

Thule Motion XT Sport

Die probleem met 'n kompakte sportnutsv­oertuig is dat die bagasierui­m dikwels te klein is vir almal se sakke én kampgoed. As jy nie kans sien om 'n Ventertjie te sleep nie, is 'n daktrommel jou voorland – en Thule neem die voortou. Sy jongste daktrommel het ingeboude passtukke wat in 'n japtrap aan die dakstawe vasklou. Hy is ook smal, sodat daar plek langsaan is vir 'n bergfiets of kano. Volume 300 ℓ R16 500 vir een trommel en twee dakstawe by 'n Thule-agent.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa