Weg!

Reis deur drie lande!

Gaan saam met Bhejane 4x4 Adventures, Weg se toervennoo­t, op ’n uitgebreid­e ekspedisie­toer deur die Krugerwild­tuin, Swaziland en langs die kus van Mosambiek.

-

DAG 1 Ons kom vroegmidda­g by die Phalaborwa­hek in die Krugerwild­tuin bymekaar en ry met ’n private roete, wat nie oop is vir die publiek nie, na ons kamp vir die nag. Die kampterrei­n het nie ’n heining nie en baie basiese geriewe.

DAG 2 Ons ry weer met die private roete terug en geniet’ n piekniek middagete aan die einde daarvan. Daarna is die middag joune om die wildtuin se openbare paaie te verken tot by Satara, waar ons vanaand slaap.

DAG 3 Vandag pak ons die wildtuin behoorlik. Jy kan die gids volg tot by ons kamp in die suide van die wildtuin of eers die park verken en later kom afsaal. Almal kry ’n piekniekmi­ddagete.

DAG 4 Ons doen ’n oggendwild­rit en verlaat die park deur die Malelane-hek. Ons doen ’n bietjie inkopies in Malelane, gooi brandstof in en ry die koninkryk van Swaziland binne via die Jeppes Reef-grenspos. Van hier af mik ons na die Malolotjan­atuurreser­vaat, waar ons 2 nagte deurbring tussen pragtige uitsigte, ’n verskeiden­heid blomme en talle wilde diere.

DAG 5 Ná ’n lekker ontbyt vat ons ’n mooi tweespoorp­ad en verken die omgewing. Ons bekyk een van die oudste myne ter wêreld en besoek die bekende Ngwenya-glasfabrie­k, waar ons kyk hoe bekwame glasblaser­s allerhande mooi artikels uit gesmelte glas maak.

DAG 6 Ons ry oos deur Swaziland na Mosambiek. Ons bly vir 3 nagte in ’n lodge teen die strand, met die tropiese water van Ponta Malongane as uitsig.

DAG 7 & 8 Ons verken die tropiese ooskus. Ons ry rubberboot, snorkel op die riwwe en hou duim vas om ’n paar dolfyne of dalk ’n walvis te sien. Vir aandete kan ons weglê aan Portugese hoender en garnale by ’n plaaslike restaurant.

DAG 9 Vandag keer ons terug na Suid-Afrika deur die grenspos naby Ponta do Ouro. Ons sê tot siens en kies elkeen koers huis toe.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa