Weg!

TOE EN NOU

-

Kyk net hoe het Suid-Afrika se vriendelik­e stad oor die jare heen verander!

Port Elizabeth se ou sakekern lyk deesdae gans anders uit die Donkin-vuurtoring. Heelwat van die swierige ou geboue is gesloop, maar ’n goeie klompie het behoue gebly.

Die Stadsaal (1) op die markplein (nou die Vuyisile Mini-plein) is in 1861 geopen. Dit het in 1977 afgebrand, maar restourasi­ewerk het die gebou tot sy eertydse glorie herstel; deesdae huisves dit munisipale kantore en die openbare biblioteek.

Die hoofbiblio­teek (2) was vroeër jare ’n losstaande gebou op die plein. Dié is in 1902 met ’n terracotta-fasade versier wat in Engeland gebou, in stukke verskeep en hier weer aanmekaarg­esit is.

Neffens die stadsaal staan die ou Phoenixhot­el (3), geopen in 1837 en genoem na ’n stoomskip wat tussen PE en Kaapstad gevaar het. ’n 1849-advertensi­e spog dat die Phoenix “a first rate billiard table” het, sowel as “good stabling for 20 horses”. Die gebou is in 1942 gesloop om plek te maak vir die Reserweban­kgebou. Die Phoenixhot­el bestaan steeds – nou in Chapelstra­at (4).

Op die Toe-foto is brandskade aan die St. Mary’s- Anglikaans­e katedraal (5) duidelik. Die kerk dateer uit 1834 en het in Maart 1895 onder ’n piromaan deurgeloop. Koerante het destyds berig oor mej. Frances Livingston­e Johnston – ’n voormalige goewernant­e van Ceres met ’n “strange appearance and manner” wat onlangs ’n Paarlse pakstoor aan die brand gesteek en nou hier in PE kom amok maak het. Dae voor die brand het ’n hawewag haar hoog bo-op ’n hyskraan aangetref – Frances was waarskynli­k sielkundig versteurd.

Skenkings het ingestroom (ook £5 van Paul Kruger en £250 van Cecil John Rhodes) en die katedraal is in ’n japtrap herbou. Maar op 1 April 1897 het Frances wéér toegeslaan. Genadiglik is die vlamme betyds geblus en Frances is in hegtenis geneem en Robbeneila­nd toe gestuur. Sy’t glo ’n vurige haat vir preekstoel­e gekoester.

Die kaai (6) dateer uit 1837 en is in 1933 met die Charl Malan-hawehoof vervang. Dié kaai word gebruik as vraghouer- en motortermi­nus en die ander een (7) as stoorplek vir olie en mangaanert­s, sowel as ’n vasmeerple­k vir tenkskepe.

– Sophia van Taak

Bronne Historical Society of Port Elizabeth, Old Towns and Villages of the Cape, deur Hans Fransen,

thecasualo­bserver.co.za en ports.co.za

 ??  ?? * Die Donkin-vuurtoring (in 1861 gebou en in 1929 met 8 m verhoog) is op weeksdae en Saterdae van 8 vm.- 4.30 nm. oop vir besoekers. Dit kos R10 p.p. om in die toring op te klim.
7
6
1
5
2
4
* Die Donkin-vuurtoring (in 1861 gebou en in 1929 met 8 m verhoog) is op weeksdae en Saterdae van 8 vm.- 4.30 nm. oop vir besoekers. Dit kos R10 p.p. om in die toring op te klim. 7 6 1 5 2 4
 ??  ?? Sir Rufane Donkin was die Kaapse goewerneur toe die Britse setlaars in 1820 in Algoabaai aangekom het. Hy het die hawedorpie wat ontwikkel het na sy oorlede vrou, Elizabeth, genoem.
1895
6
1
3
5
2
Sir Rufane Donkin was die Kaapse goewerneur toe die Britse setlaars in 1820 in Algoabaai aangekom het. Hy het die hawedorpie wat ontwikkel het na sy oorlede vrou, Elizabeth, genoem. 1895 6 1 3 5 2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa