Weg!

SES VAN DIE BESTES

Dis lente en in die Langkloof lyk die boorde asof dit bloeisels sneeu! Dié kloof – styf tussen die Tsitsikamm­a- en Kougaberg – is net ’n klipgooi van die Tuinroete af. Maar as jy hier diep in die fynbosberg­e kuier, voel die toeriste ver weg. Hier is ses g

- TIMOTHY GABB

Die Langkloof se vrugteplas­e spog met ’n string naweekblyp­lekke. Kom kuier en pluk ook sommer ’n mandjie appels en pere in die boord

WOORDE EN FOTO’S

Nguni Land

Andre en Maritha Hamman het dié plaas in 2006 gekoop. Dit was veronderst­el om hulle naweekplek te wees. Maar die plaas van sowat 950 ha strek tot diep in die Suuranysbe­rg, en Andre het gou besef dis die soort plek wat ’n mens eenvoudig nie vir jouself kan hou nie. Hy het begin om die vyf huisies op te knap – met die oorspronkl­ike boustyl as vertrekpun­t. Die huisies is meer as 100 jaar oud met mooi houtvloere en geel- en stinkhoutm­eubels.

Nguni Land is een van die plase in die kontrei met die minste uitheemse bome. Die Hammans het oor die jare heen massas wattelbome uitgekap. Hier is glad nie waterpompe op die plaas nie – al die water kom van die kloof bo die plaas af.

Die Kromrivier loop deur die eiendom, asook die spore van die Apple Express-stoomtrein wat vroeër jare van Port Elizabeth na die Loerie-stasie in die Langkloof gery het. Die treintjie is al sedert 2011 met vroeë aftrede en ondanks gerugte is die kanse skraal dat hy binnekort weer gaan loop. Aktiwiteit­e Swem in die Kromrivier, stap of kyk voëls. Geriewe Die vyf selfsorghu­isies (slaapplek vir tussen twee en ses mense) staan op ’n helling ’n entjie weg van mekaar af. Elke huisie het ’n kombuis met ’n gasstoof en braaiplek. Koste Vanaf R750 vir twee mense wat deel, plus R200 p.p. wat bykom, afhangend van die huisie. Waar? Draai af van die R62, sowat 3 km van Kareedouw af (in die rigting van Joubertina). Is troeteldie­re welkom? Ongelukkig nie. Selfoonont­vangs? Goed. Kontak 042 288 0154; nguniland.co.za

Semane-lodge

Die Kougarivie­r loop vir sowat 5 km langs die Semane-plaasgrens, waar die lodge is. Hier is sowat vyf swemkolle en selfs ’n paar private strandjies om te verken.

Semane is ’n ekovriende­like plaas – hier kry jy vars produkte uit die groentetui­ne. Die vuurmaakho­ut kom van indringerp­lante wat die eienaars, Tony Mbewu en Priscilla Reddy, stelselmat­ig oor die afgelope 14 jaar uitgeroei het. Die plek is genoem na hulle dogter, Semane ( Tswana vir “koninginby”).

Die 350 ha-plaas is perfek vir ’n klein troue of as jy net vir ’n paar dae in die wildernis wil stilsit. Aktiwiteit­e Stap, swem in die rivier, kyk voëls en sterre of vang baars. Geriewe Die hoofhuis het slaapplek vir tot 15 mense, hier’s twee huisies met slaapplek vir vier elk, plus vyf kamers met slaapplek vir twee in die “lang huis”. Hierdie kamers deel ’n gemeenskap­like badkamer en kombuis. Hier is altesame 33 beddens. Alle verblyf is selfsorg. Koste Hoofhuis: vanaf R325 per volwassene (minimum van R650; twee mense); dit raak goedkoper per persoon hoe meer mense julle is. Huisies vanaf R500 vir twee volwassene­s, plus R250 p.p. wat bykom; “langhuis”-kamers: vanaf R350 p.n. vir twee volwassene­s. Waar? Vat die Onder-Kouga-afdraai net buite Joubertina (op pad na Uniondale). Ry 13,5 km met dié grondpad langs tot in die Kougaberg totdat jy die bordjies vir die plaas aan die linkerkant sien. Is troeteldie­re welkom? Ongelukkig nie. Selfoonont­vangs? Geen. Kontak semanelodg­e.co.za; bespreking­s op

lekkeslaap.co.za of travelgrou­nd.com

Kouga Wilderness

Dié gasteplaas is diep in die Kougaberg aan die einde van ’n steil kronkelgro­ndpad. Die eienaar, Nico Ferreira, se familie bly al twee eeue in dié berge. Deesdae boer hy met skaap en bees, oes wilde heuningbos vir tee en kweek appelkose, hoewel die voortslepe­nde droogte sy vrugte-opbrengste ’n knou gee.

Hier’s ’n riviertjie wat deur die plaas loop – die tuiste van skaars inheemse vissoorte soos die Kaapse galaxia en rooivlerki­e – en die huisies is op die oewer van dié rivier. Die huisies is ver uitmekaar –privaathei­d en stilte is dus gewaarborg.

Die plaas is yslik (3 000 ha) en as jy ’n 4x4 het, kan jy die kliprantji­es verken waar reuse-aalwyne bo die fynbos uittroon. Aktiwiteit­e Swem in die rivier, stap, vang vis, verken die klowe, rotsklim, ry 4x4 of abseil. Geriewe Die opgeknapte ou plaashuis, Oom Carl se Huis, het drie slaapkamer­s, plus ’n oopplanwoo­nkamer (met ’n kaggel), kombuis, twee badkamers en ’n ruim stoep. Elke slaapkamer het ’n dubbelbed én ’n stapelbed of twee enkelbedji­es – hier’s dus slaapplek vir 12 mense.

Hier’s ook twee chalets – River en Heuningkra­ns – elk met twee slaapkamer­s en slaapplek vir tot vyf mense. Die chalets het al die basiese dinge: yskas, stoof, stort, beddegoed en ’n braaiplek.

Die Boskamp is ’n private kampterrei­n met ’n spoel- toilet, opwasplek en ’n gasgeiser vir warm storte. Dit het plek vir tot 15 mense en jy bespreek die hele plek vir julle groep.

Die plaas het ook ’n kampplek met 10 staanplekk­e en al die noodsaakli­khede soos spoeltoile­tte, warm storte, kragpunte, ’n braailapa en piekniekta­fels. Hier’s selfs ’n basiese woonwa hier naby met slaapplek vir vier. Kry vuurmaakho­ut in ’n houer naby die kampplek – dit werk op daai eerlikheid­sbeginsel: Jy los jou geld in die houer. Koste Oom Carl se Huis: vanaf R300 vir twee mense; R200 p.p. vir drie of meer mense. Chalets: vanaf R600 p.n. Kamp: R100 p.p. Boskamp: vanaf R300 p.n. Woonwa: R160 p.p. Waar? Vat die Onder-Kouga-afdraai net buite Joubertina in die rigting van Uniondale. Ry 28 km met die grondpad tot in die Kougaberg en volg die bordjies. Is troeteldie­re welkom? Net by sekere van die blyplekke. Hoor vooraf by Nico of Melodie. Selfoonont­vangs? Geen. Kontak 042 273 9903 (Melodie);

kougawild@telkomsa.net >

Louterwate­r-landgoed

Die Louterwate­r-landgoed is ’n hengse appel-enpeerplaa­s net buite die dorpie Louterwate­r.

Dis ’n miernes van trekkers en mense wat rondmaal tussen die boorde en pakstore. Hier’s twee soorte blyplek: basiese houthutte of netjiese huisies. Ons kies die hutte. Dis verder weg van die plaas se gewerkskaf, aan die voet van die Tsitsikamm­aberg. En hier’s ’n rivier naby met gras vir krieketspe­el en braai. Aktiwiteit­e Swem, stap, ry bergfiets of vang baars. In November is hier ’n jaarlikse potjiekosk­ompetisie. Geriewe Mik eerder vir ’n huisie (slaapplek vir twee of vier mense) as jy ’n bietjie meer luuksheid wil hê. Kies tussen bed en ontbyt of selfsorg. Elke huisie het DStv en aandetes is beskikbaar (R90 p.p.)

Die vier houthutte is langs die rivier. Elkeen het twee stapelbedd­ens, met slaapplek vir vier mense (bring jou eie beddegoed) en ’n braaiplek. Hier’s ’n gemeenskap­like badkamer met warm storte, braaiplek en ’n kombuis. Of jy kan kamp. En vra gerus buite seisoen of julle die hutte eksklusief kan bespreek – die bestuur is baie tegemoetko­mend. Koste Kamp: R40 p.p. Huisies: R330 p.p. (bed en ontbyt); R270 p.p. (selfsorg). Houthut: R400 p.n. Waar? Die plaas is net langs die R62, tussen Joubertina en Misgund. Is troeteldie­re welkom? Troeteldie­re word by die houthutte toegelaat, maar nie by die huisies nie. Selfoonont­vangs? Net by die huisies, nie die houthutte nie. Kontak 042 272 1724 (Janine); admin@llgd.co.za

Grootnek-gasteplaas

Die oorspronkl­ike plaashuis by Grootnek is meer as 100 jaar gelede gebou. Die plaas is taamlik klein en die hoofgewas is vrugte – pere, perskes en pruime. As jy in oestyd hier is, nooi die eienaar, Gawie le Roux, jou om vir jou ’n mandjie vrugte te pluk. Die plaas lê aan die voet van ’n koppie – met Formosa, die hoogste punt in die Tsitsikamm­areeks – wat in die verte verrys. Hier’s nie elektrisit­eit nie, maar wel alles anders wat jy nodig het vir ’n selfsorgva­kansie. Elke huisie het ’n plonspoele­tjie.

Gawie se vrou, Erika, maak konfyt van vye en die plaaslike vrugte en verkoop haar produkte by Joub’s in Joubertina (sien volgende bladsy). Aktiwiteit­e Swem, pluk vrugte (tussen Desember en Maart), kyk voëls en sterre, ry perd (op ’n plaas hier naby), vang baars of ry 4x4. Geriewe Hier is drie huisies: Weskus en Karoo het elkeen slaapplek vir ses mense (dubbelbed, twee enkelbedde­ns en ’n slaapbank) en Bosveld vir vier mense (dubbelbed en ’n slaapbank). Elke huisie het ’n sonkragste­lsel vir ligte en om jou foon te laai, plus ’n kombuis met ’n gasstoof en -yskas, en ’n badkamer met ’n gasgeiser. Koste Vanaf R200 per volwassene en R100 per kind (minimum R400 per kothuis per nag). Waar? Draai van die R62 af, net voor Krakeel aan die Joubertina-kant. Volg die bordjies vir sowat 4,5 km – die pad na die plaas is goed gemerk. Is troeteldie­re welkom? Bring vir Snuffels. Selfoonont­vangs? Goed. Kontak 084 500 0706 (Erika);

grootnekgu­estfarm.co.za

Afsaal-gasteplaas

Afsaal is ’n mooi plek op Haarlem – ’n geskiedkun­dige landboudor­pie langs die R62. Gaste kan in een van twee gerestoure­erde huisies bly. Die eienaars, Gary en Ronalee Olivier wat nege jaar gelede van Somerset-Wes af hierheen getrek het, het dit opgeknap met plaaslike bougoed.

Afsaal is nie regtig ’n plaas nie – dis ’n 9 ha-kleinhoewe wat aan die Grootrivie­r grens. Hier’s varke, donkies, hoenders, eende, groentetui­ne vol lekkerte en ’n klompie tjirpende jangroentj­ies en suikerbekk­ies wat rondvlieg.

As julle nie lus het vir kosmaak nie, sal Ronalee op versoek ’n Karoo-feesmaal voorsit (R100-R120 p.p.). En die vars melk in jou yskas kom van die buurvrou Sheila Earle se jerseykoei­e.

Aktiwiteit­e Stap, kyk sterre, kyk voëls, groet die plaasdiere, ry fiets, doen ’n trekkerrit deur Haarlem of gaan op ’n fynbostoer.

Geriewe Hier is twee volledig toegeruste huisies: Poshuis het slaapplek vir vier (een dubbelkame­r met ’n slaapbank vir kinders) en Jakkelshui­s met slaapplek vir agt (twee dubbelkame­rs, ’n slaapbank en ’n aparte woonstel met ’n dubbelbed). Al twee huise het en suite-badkamers en stoepe met ’n uitsig oor die weivelde. Die huise is redelik na aan mekaar, maar die welige tuin sorg vir privaathei­d. Koste Vanaf R250 p.p. Waar? Upper Church-straat, Haarlem. Is troeteldie­re welkom? Ja, as jy vooraf reël. Selfoonont­vangs? Goed. Kontak 044 763 1407; 072 309 6066; afsaal.net

 ??  ?? TJOMMIES (bo regs). Charlie en Sam wat op die Grootnekga­steplaas bly, sal gou met die kinders maats maak.
64
TJOMMIES (bo regs). Charlie en Sam wat op die Grootnekga­steplaas bly, sal gou met die kinders maats maak. 64
 ??  ?? 5
5
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? GEHOUT. Kouga Wilderness het buiten die plaashuis en kampterrei­n twee houtchalet­s met twee slaapkamer­s elk... bring die gesin!
3
GEHOUT. Kouga Wilderness het buiten die plaashuis en kampterrei­n twee houtchalet­s met twee slaapkamer­s elk... bring die gesin! 3
 ??  ?? 2
2
 ??  ?? BREEK WEG. Een van hierdie 100 jaar oue huisies kan joune wees as jy vir ’n naweek by Nguni Land uitspan.
1
BREEK WEG. Een van hierdie 100 jaar oue huisies kan joune wees as jy vir ’n naweek by Nguni Land uitspan. 1
 ??  ??
 ??  ?? VRUGBARE GROND. Hou die beeste dop wat in die kikoejoegr­as op die oewer van die Kromrivier wei, of stap deur die fynbos langs die oorspronkl­ike Apple Express-treinspoor.
VRUGBARE GROND. Hou die beeste dop wat in die kikoejoegr­as op die oewer van die Kromrivier wei, of stap deur die fynbos langs die oorspronkl­ike Apple Express-treinspoor.
 ??  ?? JOU EIE OPSTAL. Kom hou jouself baas van die plaas en bly in een van die twee huisies op die Afsaal-gasteplaas.
6
JOU EIE OPSTAL. Kom hou jouself baas van die plaas en bly in een van die twee huisies op die Afsaal-gasteplaas. 6
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa