Weg!

AFRIKA OP SY BESTE

-

Willem van der Berg kry uiteindeli­k sy ewig ontwykende luiperd

Die fotojoerna­lis Willem van der Berg het vroeër vanjaar die Pilanesber­g- nasionale park besoek. Sy grootste wens was om ’n mooi foto van ’n luiperd te neem. En drie dae lank het hy vergeefs rondgery.

Een middag beduie ’n toeris in ’n karretjie vir hom hy moet stilhou en beduie Willem in die rigting van klipperige rantjies. ’n Luiperd het pas oor die pad gehardloop en in dié einste rantjies weggeraak. Willem het sowat 45 minute geduldig gewag voordat die luiperd van onder ’n bos uit verskyn en bo-op ’n groot klip gaan staan. Die kolkat het vlugtig in sy rigting geloer en verdwyn – soos ’n skim.

 ?? FOTO WILLEM VAN DER BERG ??
FOTO WILLEM VAN DER BERG

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa