Weg!

EET HIER

SOPHIE’S BISTRO, MBOMBELA

-

Die kos by Sophie’s Bistro in Mbombela laat jou dink jy’s in Mosambiek!

Dis byna ’n sonde om deur Mbombela (voorheen Nelspruit) te ry en nié by Hall’s se Padstal te stop nie – dis immers hier sedert die jare vyftig. Deesdae is hier ook die Fever Treekweker­y, ’n winkel met perdegerei, en ’n nuwe eetplek, Sophie’s Bistro. Dis hier by Sophie’s waar jy jou maklik kan voorstel jy’s in Mosambiek en het op die een of ander manier die grenspos-ergernis vrygesprin­g.

Sowat 20 jaar lank het Dries en Elize van Rooyen verskeie eetplekke in Maputo en omstreke bedryf. Nou is hulle diékant van die Lebombober­g met hulle kenmerkend­e periperi-sous, waarin jy as voorgereg jou pão (Portugese broodjie) kan doop terwyl jy wag vir jou moelas (hoendermag­ies, R50) of Portugese hoenderlew­er (R55).

’n Mens wil nie eintlik oor die garnale praat nie, want jy wil die lekkerte van dié Mosambieks­e familieres­ep vir jouself hou. Gaan voluit (R225), of bestel ’n kleiner porsie (R145), of geniet dit saam met calamari (R185).

Vleistande? Kies ’n eg Portugese prego met tjips (R90), of ’n behoorlike Bife-burger met ’n regte vleispatti­e (R85, en jou keuse van sous). Ek het al ’n groot man gesien trane in sy oë kry toe ’n bord met rump en murgbeen (R95) voor hom neergesit word. En as jy haastig en honger is soos die meeste van die jong plaaslike macadamiab­oere, dan is die keuse ’n Quick Steak (R60, 200 g-rump en tjips).

Probeer egter genoeg tyd inruim vir ’n gesellige kuier; daar is lekker lang tafels binne en op die stoep is omtrent altyd ’n welkome bries. Al die kos word vars berei deur Elize terwyl Dries en die kelners sorg dat die glase vol bly. En ja, jy kan 2M-bier (R22) en Tipo Tinto-rum (vir ’n R&R) bestel (R28).

Veraf klink die geruis van die motors op die N4 soos die see – ontspan. Waar? By Hall’s Gateway op die N4. As jy op die sirkelpad van of na Malelane is, neem die afrit na Mbombela. Oop Dinsdag tot Sondag van 9 vm. Sluitingst­ye is Dinsdag en Woensdag om 9 nm.; Vrydag en Saterdag om 10 nm. en Sondag om 8 nm. Kontak 078 460 3049 (Elize),

sophiesbis­trorg@gmail.com of soek hulle op Facebook: Sophie’s Bistro Nelspruit

– Annemarie van der Walt

 ??  ??
 ??  ?? PASMAATS. Probeer gerus die
moelas (hoendermag­ies) en vars pão (broodrolle­tjies).
PASMAATS. Probeer gerus die moelas (hoendermag­ies) en vars pão (broodrolle­tjies).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa