Weg!

Moeg vir jou tweemanten­t? Saam met Venture Beyond en Weg kan jy luuks kamp of in ’n lodge bly

Kom beleef die beste wat Namibië bied én verbeter jou fotoneemva­ardighede onder leiding van ’n profession­ele fotograaf, en daarby is die toerleier ’n ervare avontuurgi­ds en natuurbewa­arder.

-

TOERINLIGT­ING

Datums 31 Mei-13 Junie 2018 Hoe lank is die toer?

14 dae; 13 aande

Van waar vertrek die toer? Luderitz, Namibië

Eindpunt Etosha, Namibië Koste R19 650 p.p. (10% ekstra vir enkelbespr­ekings)

DIE TOERPRYS SLUIT IN

’n Toerleier, veldgids en profession­ele fotograaf Alle verblyf Alle parktariew­e Drie heerlike etes per dag Tweerigtin­gradio’s

WAARVOOR SORG EK?

Kameratoer­usting ’n 4x2 met grondvrye hoogte en ’n ewenaarslo­t is piekfyn asook ’n sportnutsv­oertuig met ’n viertrekst­elsel Brandstof Drankies en snoepgoed Jou eie beddegoed/Mpafa verskaf en slaan die tente op

DIE TOER IN ’N NEUTEDOP

Dag 1&2: Lüderitz Ons kom tussen 1 nm. en 2 nm. bymekaar en in die namiddag begin ons met die eerste fotografie­praatjie. Die volgende oggend toer almal saam na Kolmanskop en die middag is joune.

Dag 3: Kanaän Ons vertrek vroegoggen­d uit Lüderitz en stop net voor Aus by die wildeperde se waterkrip, Garub. Hiervandaa­n vertrek ons na die plaas Kanaän, waar ons die eerste rooi duine sal teëkom. Die uitsig van die kampplek af is sonder gelyke en hier sal ons – en die blafgeitji­es – die sonsonderg­ang geniet.

Dag 4&5: Sossusvlei Die groep reis met die D707 na Sesriem – ons sal plek-plek stop vir foto’s. Ons besoek die Sesriem-canyon met sy interessan­te konglomera­te en wag op die sonsonderg­ang by die Elim-duin. Op dié dae is daar genoeg tyd vir individuel­e sessies met die foto-instrukteu­r. Kyk vroegoggen­d vanaf Duin 45 hoe die son opkom en beleef Dooievlei en Sossusvlei in al sy glorie.

Dag 6&7: Swakopmund Ons volgende stopplek is Solitaire voordat ons noord draai na Walvisbaai en Swakopmund. Hier bly ons in formele en suite-kamers. Aktiwiteit­e vir die volgende dag is nie by die prys ingesluit nie. Ons vertoef twee nagte in Swakop. Dag 8: Spitzkoppe Hier kan ’n mens die vlaktes met jou kamera invaar vir hope fotogeleen­thede. Indien jy kans sien, kan jy tot by die rotskuns in die gebied se koppies klim.

Dag 9: Madisa / Twyfelfont­ein Ná sonsopkoms vertrek ons na die Madisa Camp in Damaraland. Ons kan heelpad op die uitkyk wees vir die ontwykende woestyn-olifante en -renosters.

Die kamp is tussen massiewe rotse met ’n mooi uitsig op die Gauntegabr­ivier. Indien die tyd dit toelaat, kan ons Twyfelfont­ein met sy indrukwekk­ende graverings besoek.

Dag 10: Etosha (Olifantsru­s) Weer eens vat ons ’n mooi pad met heelwat fotogeleen­thede. Ons maak tenk vol op Kamanjab. Hiervandaa­n is dit ongeveer 70 km teerpad tot by die Galtonhek waar ons Etosha aan die westekant ingaan. Ons kamp by Olifantsru­s; dis selfsorg met net tien staanplekk­e en geen lodge nie. Die kamp het ’n verligte watergat.

Dag 11,12 & 13: Etosha (Halali) Ná ’n vroeë ontbyt is dit 200 km deur die park tot by Halali waar ons drie nagte vertoef. Ons het oorgenoeg tyd om meer oor die fynere kuns van ISO en sluiterspo­ed te leer terwyl diere model speel.

Dag 14: Ons sê totsiens. ... net tot die volgende toer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa