Weg!

FOTOPORTEF­EULJE

- DEUR SHELLEY CHRISTIANS

Sam Reinders wys ons die vele gesigte van die ikoniese Swartbergp­as

Die 27 km lange Swartbergp­as tussen Oudtshoorn en Prins Albert is een van die indrukwekk­endste stukke bouwerk ter wêreld: Dis is ’n grondpad wat 1 583 m bo seespieël sigsag met van die mooiste uitsigte om elke haarnaaldd­raai. Dié pas is die werk van die meesterpad­bouer Thomas Bain, wat ook Meiringspo­ort en talle ander passe in SuidAfrika gebou het. Dis in 1888 voltooi, en van die handgepakt­e klipmuurst­ene is steeds in plek. Die Swartbergp­as is ’n nasionale gedenkwaar­digheid en dele van die omringende bergreeks’ n Unesco-Wêreld erfenis terrein.

Op 9 April vanjaar het ’n fratsvloed ’n deel van die pas aan die Prins Albert-kant weggespoel. Dit sal maande – dalk jare – neem om te herbou aangesien die pas aan Unesco-standaarde sal moet voldoen om Bain se styl na te volg. Hopelik sal ’n enkelbaan aan die einde van die jaar oop wees.

Sam Reinders is ’n vryskutfot­ograaf en voormalige fotoredakt­eur van Weg. Haar ouers woon op Prins Albert en sy ry dus die pas gereeld. Dié foto’s is oor 13 jaar geneem en vier die verskillen­de gesigte van die pas en die omliggende landskap.

‘Tussen jou en my…’

Meer as 120 miljoen jaar gelede het skuiwende tektoniese plate veroorsaak dat die rotse waaruit die Swartbergp­as bestaan, vou, frommel en uit die aarde verrys. Vandag is die reeks ’n natuurlike skeiding tussen die kaal vlaktes van die Groot-Karoo en die groener Klein-Karoo.

Hierdie foto is geneem naby die bopunt van die pas, waar dit ongeag die seisoen altyd mistig is.

HOE? Canon EOS 5D Mk. III; 24-70 mm-lens; sluiterspo­ed 1/640 van ’n sekonde; lensopenin­g f8; ISO 1 250. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa