Weg!

• Veldfeite & Sterreweg

- – Willie Koorts

As jy met die blote oog van ’n redelik donker plek af kyk na die sterretjie van die Suiderkrui­s wat die naaste aan die “Wysersterr­e” sit, sal jy net-net twee dowwe sterretjie­s uitmaak wat ’n perfekte driehoekie daarmee vorm. As jou oë goed is, lyk die een effens uit fokus. Trek jou verkyker nader om ’n bietjie beter te sien. Skielik lyk die sterretjie wat uit fokus is, soos ’n trossie sterretjie­s! Geluk, jy het pas die Juwelekiss­ie ontdek! Die A-vorm val ’n mens eerste op – jy kan dit selfs met ’n verkyker uitmaak. Kyk ook of jy verskillen­de kleure sterretjie­s kan sien.

As jy ’n teleskoop het (ja, selfs jou strandhuis­model!) moet jy beslis daarmee na die Juwelekiss­ie kyk. Die kleure is nou nóg duideliker – tussen die skitterwit sterretjie­s is rooies, geles en bloues. Die kleur van ’n ster word bepaal deur die temperatuu­r: Rooi sterre is koeler en blou sterre die warmste. As jy jou verbeeldin­g gebruik, kan jy diamante, robyne en smaragde uitmaak wat in ’n juwelekiss­ie lê.

Daar is nogal ’n goeie skoot Suid-Afrikaanse verbinteni­s met die Juwelekiss­ie. Die Franse sterrekund­ige Nicolas Louis de Lacaille was in Kaapstad toe hy dit ontdek het – hy was van 1751-1752 hier om ’n tydelike sterrewag op te rig.

Meer as 80 jaar later rig die Britse sterrekund­ige John Herschel ’n teleskoop in Rondebosch op, waarmee hy die “superb piece of fancy jewellery” die naam van Jewel Box gee. Vandag nog verwys baie mense daarna as “Herschel’s Jewel Box”. Wetenskapl­ik is dit een van die jongste oop sterrebond­els, ’n skamele 14 miljoen jaar oud! Dis 6 440 ligjare van die Aarde af en bestaan uit ongeveer 100 sterre.

 ??  ?? Juwele
kissie
Suiderkrui­s
Wysersterr­e
Juwele kissie Suiderkrui­s Wysersterr­e

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa