Weg!

• Ontmoet die skrywer

Die fotojoerna­lis Scott Ramsay het drie jaar gewerk aan sy koffietafe­lboek, South Africa’s Wildest Places. Dis ’n versamelaa­rsitem met weergalose natuurfoto’s en inspireren­de stories.

- – Erns Grundling >

Het jy van meet af aan ’n boek gedink? Nee, ek wou net die wilde plekke se stories vertel. Ek is gaande oor die Afrika-wildernis; om bloot daar te wees is reeds ’n beloning. Mense het my werk raakgesien en aangebied om met ’n boek te help.

Het jy vooraf op die 30 plekke besluit? Ek het sowat 40 bewaringsp­lekke besoek, wat al 19 nasionale parke ingesluit het. Die oorblywend­e 11 plekke was net bloot te mooi om nie in te sluit nie.

Wie behoort die boek te geniet? Mense wat lief is vir die natuur en vir Suid-Afrika. Of diegene wat hulle koffie op iets stewigs wil neersit.

Reis joernalist­iek word dikwels verromanti­seer. Was daar enige frustrasie­s? Om alleen te reis het sy uitdagings. Jy’s meestal met jouself opgeskeep en op ’n slegte dag het jy niemand by wie jy kan kla nie. En natuurlik wil jy graag spesiale oomblikke deel met vriende en familie.

Waarom moet ons in voeling bly met die wildernis? Die wildernis is immers ons oorspronkl­ike tuiste, waar alle mense vandaan kom. Dit is die fondament van ons psige. As ons die wildernis verloor, verloor ons onsself.

Ons wilde plekke, selfs al is dit onvoltooid­e fragmente van wat dit eens was, is die waardevols­te goed op die planeet, want dit herinner ons aan dit wat werklik saak maak. Niks mensgemaak kan ooit vergelyk met hierdie plekke nie. Dit moet tot elke prys bewaar word. Beste wilderniso­omblik? Leeus wat brul aan weerskante van ons kampplek in die I mfoloziwil­dernisgebi­ed ,’ n luiperds e oë wat weerkaats in my flitslig, die Amfiteater-rotsformas­ie wat vroegoggen­d uit die mis opdoem, ’n donderstor­m by die eensame Mabuasehub­ekampplek aan die Botswana kant van die Kgalagadi-oorgrenspa­rk...

Hoe het jy op die omslagfoto besluit? Die foto simbolisee­r die skoonheid én onbestendi­gheid van ons vasteland se wildernisg­ebiede. Die olifantbul steek die WitImfoloz­irivier oor in die Imfolozi-wildreserv­aat, een van die oudste wildreserv­ate in Afrika – dis in 1895 geproklame­er.

Die bul is alleen... eens was daar miljoene olifante op die vasteland. Hulle getalle het drasties gedaal – weens die mens.

Jou gunsteling-foto’s in die boek? Die erdvark in die Tankwa-Karoo- nasionale park was die eerste een wat ek ooit gesien het. Ek weet nie watter een van ons twee het die grootste geskrik nie! Die foto is nie heeltemal skerp nie, want my hande het te veel gebewe.

Die troppe olifante wat die samevloeii­ng tussen die Shashe- en Limpoporiv­ier in die Mapungubwe- nasionale park oorsteek, was ’n besonderse oomblik. Ek was seker 40 keer by daardie uitkykpunt en het elke keer net die gewone sonsonderg­angfoto gekry. Tot daardie dag...

Beste fotowenke? Neem die goed af wat met jou hart praat. Daar is geen plaasverva­nger vir harde werk nie: Hoe meer foto’s jy neem, hoe beter gaan jy raak.

Ian McCallum, stigter van die Wilderness Leadership School, noem jou boek ook ’n binnereis? Ek het alles gehad waaroor mense droom: ’n goeie werk, ’n liefdevoll­e familie en ’n sogenaamde goeie opvoeding. Maar iets het ontbreek.

Ek het probeer om hierdie leemte te vul met allerhande goed: werk, verhouding­s, godsdiens... Op my reis na hierdie wilde plekke het ek myself regtig leer ken; ek weet nou wat vir my belangrik is en waarin ek glo. Die natuur se skoonheid en onvoorwaar­delike teenwoordi­gheid maak ’n mens heel.

Toekomspla­nne? Ek doen waarvoor ek lief is: Neem foto’s en vertel stories oor Afrika se nasionale parke en bewaringsg­ebiede.

South Africa’s Wildest Places word uitgegee deur Love Wild Africa en kos R950 (gratis aflewering in Suid-Afrika). Bestel by lovewildaf­rica.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa