Weg!

• Nuus & Groot getalle

-

Nie lus vir kamp nie? Hoe klink viersterve­rblyf in die Bergkwagga­park? Dié park buite Cradock het agt nuwe huisies bygekry: ses kothuise met slaapplek vir twee en twee klipchalet­s met slaapplek vir vier elk.

Die verblyf is einde Julie amptelik ingewy, toe die park sy 80ste verjaardag gevier het.

Dié klipchalet­s bied viersterve­rblyf: Elke kamer het ’n en suitebadka­mer, daar’s ’n kaggel binne en ’n braaiplek buite, lugverkoel­ing en beperkte DStv-kanale.

Dié huisies is teen ’n koppie en dus heel privaat. Van jou stoep af kan jy tot doer anderkant die ruskamp se heining sien. Hopelik wei ’n paar bergkwagga­s of buffels in die veld terwyl die son sak.

 ??  ?? Koste Vanaf R1 250 p.n. vir ’n kothuis. Die klipchalet­s is duurder, vanaf R2 750 p.n. Bespreking­s 012 428 9111;
sanparks.org
Koste Vanaf R1 250 p.n. vir ’n kothuis. Die klipchalet­s is duurder, vanaf R2 750 p.n. Bespreking­s 012 428 9111; sanparks.org

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa