Weg!

• Ons gesels met

Hoeveel bome het jy al in jou lewe geplant? Wel, Misha O’Dale se nie regeringso­rganisasie Greenpop het sedert 2010 al 80 000 bome geplant in Suid-Afrika, Zambië én Tanzanië!

-

Van waar die liefde vir die buitelewe? My ma was ’n ywerige stapper en het my dikwels oor naweke saamgeslee­p berge toe. As ’n mens ure deurbring op rotswande of tussen fynbos in die Wes-Kaap, is dit byna onmoontlik om nie passievol te voel oor die omgewing nie.

Ná skool het ek deur Afrika gereis van Kaapstad tot in Londen, deur 17 lande – en ek het wonderlike natuurerva­rings gehad. Die hoogland in Ethiopië was ’n hoogtepunt: Die berge, die mense en die gelada-bobbejane was iets om te aanskou.

Hoe het Greenpop ontstaan? Ek en ’n span rolprentma­kers het regoor die wêreld gevlieg om ’n sokkerdoku­mentêr vir Volkswagen te maak. Ons het sowat 360 000 km gevlieg tussen 12 lande op 4 vastelande, en wou iets doen om dié koolstof voetspoor te verreken. Ons sou rondom 660 bome moes plant om vir dié reis te vergoed! Ons het almal wat ons kon genader, van grafiese ontwerpers en web-ontwikkela­ars tot tuinboukun­diges en antropoloë om deel te wees van ’n boomplantv­eldtog. Die plan was om net ’n maand lank bome in die Wes-Kaap te plant. Toe ons eers begin het, was daar geen keer nie!

Wat doen Greenpop? Greenpop plant inheemse bome op plekke waar dit nodig is – skole, kinderhuis­e, crèches en gemeenskap­sentrums. Ons plant saam met vrywillige­rs, gemeenskap­slede en maatskappy­e. Elke jaar bied ons die Reforest-fees aan in die Platboswou­d naby Gansbaai. Die omgewing was voorheen ’n inheemse woud, maar is oorgeneem deur uitheemse plante. Die plan is om saam met ’n klomp vrywillige­rs uiteindeli­k die landskap te herstel. Dié kampnaweek is groot pret met slypskole, vermaak en gesonde kos. Ons het al 42 345 bome hier geplant. In Junie en Julie hou ons vir drie weke lank die Festival of Action in Livingston­e in Zambië. Ons hou slypskole oor volhoubaar­heid en werk saam met boerdery-koöperasie­s, skole, nie regeringso­rganisasie­s en vrywillige­rs.

Hoe lyk ’n dag by die werk? My titel is Tree-E-O (ons is mal oor woordspeli­ngs) – ek sit meestal agter ’n rekenaar en hou dinge bymekaar. En soms plant ek bome. Dis ’n lekker manier om uiteenlope­nde mense byeen te bring wat by mekaar kan leer en idees uitruil.

Hoekom bome? In die meeste Suid-Afrikaanse stede is daar ’n groot ongelykhei­d tussen die meer gegoede “boomryke” gebiede en die minder gegoede “dor” gebiede. Om bome aan te plant hou verskeie voordele in: Buurte lyk mooier, gemeenskap­pe voel trotser, dit bied skaduwee en verbeter biodiversi­teit en voedselsek­erheid. Eiendomme se markwaarde neem toe en plaaslike mense kan ’n inkomste verdien met die verkoop van vrugte, konfyt en olyfolie.

Hoe kan lesers betrokke raak? Die maklikste is om ’n boom te borg. Of jy en jou vriende of kollegas kan ’n plantdag bespreek saam met Greenpop. Of gaan groot en ontmoet nóg mense met bome op die brein by ons Reforest-fees in Maart 2018. Beste deel van die werk? Dis ’n voorreg om ’n katalisato­r van veranderin­g te wees.

Jou gunsteling-boom? Op my troudag het een van my strooijonk­ers ’n staaltjie vertel van Milky (’n melkhout) en Stinky (witstinkho­ut). Dit was ’n skreeusnaa­kse vergelykin­g van ons met dié twee bome. Ek was gewis die stinkhout, wat dan ook my gunsteling-boom is. Dis ’n mooi boom en lekker om in te klim.

As jy die Lotto wen... sou ek al Greenpop se wilde idees vlerke gee! Ek wil graag ’n akademie begin waar mense leer hoe om alle aspekte van hulle lewe meer volhoubaar te bestuur.

Hoe ontspan julle? Ek en my vrou, Lauren, reis graag in Suid-Afrika. Ons was onlangs in die Weskus. Ek is mal oor die strak landskap – dit maak ’n mens kalm. Ons is ook gaande oor Hogsback in die Oos-Kaap. Die Terra Khayaeko-backpacker­s daar is ’n groot gunsteling – ek ry graag deur die berge op my fiets of lê net in ’n hangmat en kyk hoe die mis oor die landskap vee.

Wat is op jou wenslysie? Bali! Voordat ek ’n werkversla­afde geraak het, was ek dikwels in die water. Die Kaap se yskoue water laat ’n man maar ’n bietjie huiwer... Ek wil graag maande by die see deurbring en elke dag branderpla­nkry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa