Weg!

• Aftrekplek

-

Daar is geen tekort aan oulike aftrekplek­ke op die R60-pad tussen Swellendam en Worcester nie, maar draai tog af wanneer dié vrolike groen-en-geel sinkpadsta­l jou net duskant Ashton nader wink – jy sal nie spyt wees nie.

Mosaïektra­ppies lei jou na ’n kuierstoep en groen grasperk waar jy vir ’n oomblik kan asem skep en vergeet van padvarke en slaggate. Sit op die rusbank op die stoep of by ’n piekniekta­fel op die gras en tuur oor die Langeberg in die verte terwyl jy wag vir jou Oreo-melkskomme­l (R35).

Die padstalkom­buis maak heerlike ligte etes soos ’n geroosterd­e toebroodji­e met spek, eier en kaas (R40) of quiche met slaai (R35). Loer na die swartbord op die stoep vir die spyskaart – jy kan ook ’n wegneemete bestel.

As die kinders rooimiere het ná die lang pad, laat hulle op die klimraam klouter en aan-aan op die gras speel.

Binne kan jy jou beursie uithaal vir spensgoed soos vars vrugte en groente, biltong, beskuit, koekies, loslekkers, ingelegde lekkernye soos geelperske­s en olywe, en vleisprodu­kte soos kaaswors en skilpadjie­s. Jy kan ook ietsie moois soos ’n gebreide mus of keramiekwa­re vir jou geskenkela­ai by die huis koop. Waar? Sowat 31 km noordwes van Swellendam op die R60. Oop Weeksdae 9 vm.-4.30 nm. (gesluit op Dinsdae). Saterdae 9 vm.-1 nm. en Sondae 9 vm.-4.30 nm. Kontak 083 236 9216; spanspekse­plek.co.za

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa