Weg!

Dankie, Oosie

As Weg ’n ereveldwag­tersgilde gehad het, sou Oosie Marincowit­z beslis ’n lid gewees het. Oosie stuur sedert 2007 elke paar maande ’n bygewerkte lys van al die stories wat in Weg verskyn het. Dis 10 jaar en 155 uitgawes later, en Oosie se indeks is goud we

-

Hier by Weg kry ons gereeld versoeke van lesers oor vorige stories: “Ons gaan Namibië toe, en kan nie onthou in watter uitgawes julle vorige Namibië-stories was nie.” Dit geld vir die Kgalagadi, Botswana, Kruger...

Dis hoekom Oosie se indeks ’n reddingsbo­ei is wanneer ons nie self die detail kan opspoor nie. Gou doen iemand ’n soektog op ’n Excel-dokument, en siedaar, hier’s ’n lys van al die stories wat al ooit in Weg verskyn het oor, byvoorbeel­d, Hartswater (daar was net een).

Oosie, ’n afgetrede landbouvoo­rligter op Jongensfon­tein, het aanvanklik die lys vir eie gebruik saamgestel. “Ons hou van toer. En selfs toe ons net 20 tydskrifte gehad het, het ek geweet daar is stories oor die Wildekus in, maar ek kon nie onthou in watter uitgawe nie. Toe begin ek met my lys.

“Die stories bly waardevol; dis dikwels net die pryse wat verander. Ons is nou weer op pad Kosibaai toe en gaan eers ’n stapel tydskrifte deurwerk om ons toer te beplan.”

Oosie het ál die Weg- tydskrifte, van #1 af. “Ek hou al my tydskrifte in ’n groot kas in my motorhuis. Ek het nog net twee leë rakke...”

Oosie en sy vrou, Alta, het nie ’n gunsteling­bestemming nie. “Ons is traag om ’n plek twee keer te besoek. Ons sal byvoorbeel­d nie elke jaar Krugerwild­tuin toe gaan nie – daar is te veel ander plekke wat wag. Ons is wel lief vir die Sederberg, Weskus en Richtersve­ld. Ons verkies droë streke, en het ’n stukkie grond in die Groot-Karoo.”

Oosie is ’n lysiemens. “Ek het jare gelede ’n toerpaklys saamgestel wat ek ná elke vakansie bywerk – dis ’n interaktie­we dokument. Aan die begin vergeet ’n mens simpel goed soos ’n vatlap, badprop, tafeldoek...

“Ná amper 20 toere sou ek sê my paklys is redelik omvattend.” (Ons sal by Oosie hoor of hy sy toerpaklys ook met ons sal deel. – Red.)

Wil jy Oosie se indeks hê? Stuur ’n e-pos na

esma.marnewick@weg.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa