Weg!

Boeremeisi­es vat ook soms ’n blaaskans

-

Ek is ’n dosent by die Grootfonte­in-landboukol­lege op Middelburg in die Oos-Kaap en ook ’n fotograaf. Ek was saam met Toast Coetzer en Sam Reinders op een van Weg se fotoslypsk­ole. Die vrouestude­nte breek ook soms “weg” van die akademie en sport en maak dan ’n spesiale tydjie om saam hulle gunsteling-tydskrifte in die Karoolug te lees. Boeremeisi­es se lewe begin mos waar die teerpad eindig en hulle maak reeds planne vir hulle volgende wegbreek!

Agter van links sit: Pink (Carli Kotze), Kardoes (Annerie van Schalkwyk), Blommie (Nanette van Staden), Flokkie (Chené de Swardt), Muskiet (Nicole Thirion), Pikkewyn (Jo-Lise Vermaak) en Bessie (Marine Lourens). Links staan Volksie (Marelize Bezuidenho­ut) en regs Meerkat (Tanya Hechter), Dipsy (Annique Visser) en Dassie (Kristen Opperman).

Voor sit Stokkies (Menette Pelser), Muggie (Carla du Plessis), Bambie (Chané Schwirzer) en Boeboe (Nienke Scholtz) en Sebastian, die Franse dashond.

JOHANETTE VAN HEERDEN, Middelburg

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa